FOTO: Instagram (@bioeffectaustralia)

FOTO: Instagram (@bioeffectaustralia)

Het jy gehoor?

Velsorghuis vier 5de verjaardag

Die Yslandse velsorghuis Bioeffect vier vanjaar hul vyfde bestaansjaar en ter viering van dié mylpaal is ’n beperkte herdenkingsuitgawe van hul gewilde EGF Serum nou beskikbaar.

Wenke vir stralende vel as jy 50+ is

Die herdenkingsuitgawe se verpakking spog met ’n unieke kunswerk deur ’n bekende kunstenaar van Ysland, Hrafnhildur Arnardóttir. Buiten die bekroonde EGF Serum sluit die herdenkingsuitgawe ook ‘n 5 ml-toetsproduk van Bioeffect se splinternuwe EGF Day Serum in.

BIOEFFECT egf serum anniversary

Bioeffect EGF Serum Anniversary Edition

Jackie Burger oor styl en sjokolade – lees meer hiér!

Arnardóttir se sagte sirkeltekeninge stel die vloei van biologiese organismes voor en verteenwoordig só Bioeffect se gebruik van unieke sellulêre aktiveermiddels in hul velsorgprodukte, sê die velsorghuis in ’n persverklaring. Haar tekeninge is gekies as die wen-kunswerk van ’n kompetisie wat Bioeffect onder Yslandse kunstenaars gehou het. Kunstenaars is gevra om die wese van Bioeffect visueel voor te stel.

10 SARIE-feite: Het jy geweet?

Die ster-bestanddeel in Bioeffect se serum is EGF (Epidermal Growth Factor), ’n proteïen wat natuurlik in jou vel voorkom en selvernuwing en kollageenvervaardiging stimuleer. Die gewilde serum is nou ook as ’n splinternuwe EGF Day Serum beskikbaar en bevat ’n ligter tekstuur wat maklik absorbeer.

Die Bioeffect EGF Serum-herdekingsuitgawe is tans beskikbaar teen R1 585 by Placecol-salonne landswyd.