Het jy gehoor?

Verlief op jou vel

Dis maklik om met jou vel tevrede te wees wanneer dit jonk en gesond is. Met veroudering raak dit moeiliker en sien jy gouer plooitjies en vlekke raak. SkinMedica® is spesiaal geformuleer om veroudering teen te werk en jou vel se natuurlike glans te herstel.

Laat jou vel jonger lyk

Die regte kombinasie bestanddele help herstel bestaande skade aan jou vel en werk veroudering teen. SkinMedica® se TNS®-bestanddeel stimuleer kollageenproduksie om jou vel natuurlik te herstel. TNS Recovery Complex® en TNS Essential Serum® help om die voorkoms van fyn lyne en plooie te verminder terwyl dit jou vel se tekstuur verbeter. Pamperlang jou vel met SkinMedica® se nuwe Retinol Complex. Dit is sonder voorskrif beskikbaar en help herstel jou vel deur voortdurend die vorming van nuwe selle aan te wakker.

Sarie Article Picture 2 - Feb 2015
Beskerm jou vel 

Gebruik antioksidante en sonbeskerming wat jou vel teen skade beskerm. Antioksidante verdedig die vel teen skade wat veroorsaak word deur omgewingsfaktore soos rook, besoedeling en UV-bestraling. Vitamin C + E Complex bevat die kragtige antioksidante vitamien C en E wat geleidelik vrygestel word, en Dermal Repair Cream, ‘n vogryke formule, bevat ook hoë vlakke van vitamien C en E. Getroue gebruik van sonbeskerming veg nie net teen veroudering deur sonskade nie, maar bied ook beskerming teen velkanker. SkinMedica® se TNS Ultimate Daily Moisturizer ™ SPF 20 Sunscreen is die perfekte daaglikse sonbeskerming vir jou gesig en nek, terwyl Daily Physical Defense® SPF30 Sunscreen die res van jou liggaam beskerm. Wys jou vel hoe lief jy dit het en gebruik middels om dit te beskerm en mooi te hou.

Velprobleme? Hier’s raad

Daar is ook aspekte van ons vel wat maak dat ons sukkel om dit lief te hê: rooiheid, hiperpigmentasie, droë vel, dowwe vel, sensitiewe vel en ‘n aknee-vel. Maar moenie bekommerd wees nie, want selfs dié toestande kan behandel word. SkinMedica® het spesiale produkte, insluitende Lytera® Skin Brightening Complex om donker vlekke en hiperpigmentasie te help voorkom, en AHA/BHA Cream wat die voorkoms van ‘n dowwe vel opkikker. Hydrating Complex behandel droë vel, terwyl Redness Relief CalmPlex™ sigbare rooiheid verminder. SkinMedica® Purifying Foaming Wash is ideaal vir ‘n olierige of aknee-vel en Sensitive Cleanser is ideaal vir droë- of sensitiewe veltipes. Ongeag jou veltipe of -probleem, SkinMedica® maak jou wéér lief vir jou vel.

Vind meer uit deur jou dokter te vra oor Skinmedica® of besoek ons webwerf www.nuangle.co.za.