FOTO: Twitter (@lucywalkerfilms)

FOTO: Twitter (@lucywalkerfilms)

Het jy gehoor?

VIDEO: Blindes ervaar glimlagte met spesiale app

Hoe baie beteken ’n glimlag vir jóú? Die mondspoelreeks Listerine het onlangs ’n unieke app ontwikkel wat blinde mense laat weet wanneer iemand vir hulle glimlag. Nou het die handelsnaam ook ’n inspirerende video bekend gestel om die kragtige uitwerking wat dié glimlag-app op blindes het te demonstreer. Só wil Listerine verbruikers herinner aan hóé spesiaal ’n glimlag kan wees.

Gaan Jennifer Aniston binnekort ma word?

In die Feel Every Smile-video deel verskeie blinde deelnemers hul ervaring van die Smile Detector-app en wat dit vir hulle beteken om te weet wanneer iemand vir hulle glimlag. Die app gebruik die verbruiker se selfoonkamera om glimlagte van tot ’n paar meter ver raak te sien en laat weet dan die verbruiker daarvan deur te vibreer en ’n geluid te maak.

Kyk hiér na Listerine se Feel Every Smile-video-advertensie:

Facebook se dislike-knoppie is nie wat jy gedink het nie…

Dit was wonderlik om die kans te kry om onsself te herinner aan hoe baie ’n glimlag vir ons beteken en hoe positief en waardevol ’n glimlag kan wees, sê Lucy Walker, bekroonde regisseur van die Feel Every Smile-video-advertensie.

Saam met die video het die handelsmerk ook ’n splinternuwe mondspoel bekend gestel, Listerine Advanced White (R43 vir 250 ml), wat danksy ’n unieke formule geel vlekke op jou tande verwyder, die verdere vorming van vlekke voorkom en help om jou tande te versterk.

Listerine Advanced White

Listerine Advanced White

Die Listerine Smile Detector-app is tans gratis beskikbaar vir Android- en iOS-slimfone.

Mites oor borskanker – wees ingelig