FOTO: Instagram (@revlon)

FOTO: Instagram (@revlon)

Het jy gehoor?

VIDEO: Kan jou skoonheidsroetine jou liefdeslewe opkikker?

Ons almal het ’n daaglikse skoonsheidsroetine om onsself gereed te kry vir die dag wat voorlê – maar kan dié roetine ook jou liefdeslewe opkikker? ’n Studie van die skoonheidshuis Revlon, in samewerking met Fordham Universiteit in New York, het gevind dat ’n eenvoudige daaglikse skoonheidsritueel ’n vrou se emosionele bui kan lig en haar selfs meer gewillig vir liefde en romanse maak. En om dié merkwaardige resultate uit te beeld het die skoonheidshuis pas ’n interessante advertensie-video bekend gestel.

FOTO’s: Kim Kardashian se ooievaarsparty

In die advertensie-video, Love Test, stel Revlon die resultate van hul Love Study op die proef deur agt paartjies, elk in ‘n ander fase van hul verhouding, uit te vra oor onder meer die romanse en onsekerhede in hul verhouding. Die vroue moes daarna vir ’n week Revlon se spesiale Love Test-skoonheidsritueel volg, waarna hulle gevra is oor hul ervaring.

Kyk hiér na die advertensie-video om uit te vind wat die vroue te sê gehad het:

Die beste en slegste grimeertendense oor die afgelope 5 000 jaar – lees meer!

Vir die Revlon Love Study is vroue gevra om daagliks ’n eenvoudige skoonheidsritueel te volg: elke vrou moes in die spieël kyk, haarself grimeer, haar gunsteling-parfuum aanspuit, ’n soetding soos ’n sjokolade geniet, ’n groot asemteug neem en dan vir haarself glimlag. Ná net ’n week van dié ritueel het 97% van die deelnemers ’n merkwaardig positiewe verandering aan hul gemoed en gewilligheid vir sosiale interaksie en romanse opgemerk.

Anders as ’n gewoonte is rituele bewustelik, sensories en simbolies betekenisvol, sê die skoonheidshuis in ’n persverklaring. “’n Ritueel kan werklik die manier wat jy voel verander en meer vriendelikheid, liefkosing, flankering en liefde in jou lewe openbaar”, sê Tracy Rohrbaugh, vise-president van bemarking vir Revlon.

Nou moedig Revlon aanhangers aan om ook self die Love Test-skoonheidsritueel uit te probeer! (Kry ’n groter weergawe van die foto hiér)

FOTO: Revlon

FOTO: Revlon

Supermodelle verklap hulle slaap soms met grimering aan!