FOTO: Instagram (@esteelauder)

FOTO: Instagram (@esteelauder)

Het jy gehoor?

VIDEO: Kendall Jenner in speelse nuwe advertensie-video

Sedert die supermodel Kendall Jenner verlede jaar as die nuwe gesig van die skoonheidshuis Estée Lauder aangewys is, kan ons nie genoeg van dié langbeen-donkerkop kry nie. Nou het Estée Lauder ’n splinternuwe grimeerreeks saam met die Franse modereeks Courrèges bekend gestel en die advertensie-video, waarin Kendall te sien is, is pure pret en kleur.

Hiér is ons eerste inspirasie-wenners – lees meer!

In dié prettige advertensie pronk Kendall in kleurvolle uitrustings, terwyl sy speels produkte van die nuwe Courrèges Estée Lauder-grimeerreeks wys. Die reeks is geïnspireer deur die ontwerper André Courrèges se ikoniese futuristiese mode-ontwerpe en spog met onder meer ’n ligpienk lipglans, ’n silwer oogpotlood en oogskadu’s in swart en silwergroen skakerings. Daarby is die spierwit ronde verpakkings waarin die reeks verskyn vars en uniek.

Kyk hiér na die advertensie-video

Kendall het dié agter-die-skerms-foto op haar Instagram-profiel gedeel.

New @esteelauder video www.esteelauder.com/courreges

A photo posted by Kendall Jenner (@kendalljenner) on

Ons toets: Oogjel vir vars en jonger oë

Ons hoop dié speelse reeks is binnekort ook in SA beskikbaar! Ontdek meer by www.esteelauder.com

Bobby van Jaarsveld wen groot by die Ghoemas!