FOTO: Dove

FOTO: Dove

Het jy gehoor?

VIDEO: Kies MOOI met nuwe advertensieveldtog

Die skoonheidshuis Dove is bekend vir hul inspirerende advertensieveldtogte en hul nuutste Choose Beautiful-veldtog is geen uitsondering nie.

Met hul nuwe Choose Beautiful-advertensie-film wil Dove vroue wêreldwyd aanmoedig om doelbewus te kies om mooi te voel. Die video wys hoe vroue van vyf lande regoor die wêreld wonder of hulle hulself as mooi of net gemiddeld beskou en hoe dié keuse hul selfbeeld beïnvloed.

Kyk hiér na die interessante advertensie-film

Wenke vir los en deurmekaar hare – lees meer!

“Hoewel die meerderheid van vroue nie hulself as mooi sou beskryf nie, stem 80% saam dat elke vroue iets aan haar het wat mooi is. Dis tyd dat vroue anders oor dié keuse dink,” sê Steve Miles, senior adjunkvoorsitter van Dove.

“Ons het almal die kragtige vermoë om bo sosiale media, onmoontlike verwagtinge en ander se opinies uit te styg. Hopelik kan dié advertensie-film vroue inspireer om juis dít te doen en hul opinie oor hul eie skoonheid te heroorweeg,” sê die regisseur van die Choose Beautiful-advertensie-film in ’n persverklaring.

Dié SA vroue kies om hulself as mooi te beskou

Bekendes se vreemde fobies

Kies vandag nog MOOI en deel jou unieke skoonheid met die wêreld met die hutsmerk #ChooseBeautiful. Ontdek meer oor dié inspirerende veldtog by www.dove.co.za.

Wat sou jy kies?

  • Mooi
  • Gemiddeld

Nataniël in dié kunsfliek te sien