FOTO: Carolina Herrera

FOTO: Carolina Herrera

Het jy gehoor?

VIDEO: Modehuis ondersteun met bemoedigende advertensie-video

Die bekende internasionale ontwerper Carolina Herrera het pas ’n splinternuwe advertensie-video bekendgestel as deel van die modehuis Carolina Herrera se jaarlikse CH Pink-borskankerveldtog. Met die veldtog ondersteun sy en haar dogter Carolina Herrera de Báez reeds die afgelope sewe jaar vroue met borskanker en met dié inspirerende video wil hulle vroue wêreldwyd herinner dat hulle nie alleen in dié stryd is nie.

Kevin Anderson dring deur na Amerikaanse Ope kwarteindstryd!

Vir die inspirerende video het ma’s met borskanker openlik met Carolina jr. oor hul stryd gepraat, waarna hul kinders ’n verrassingsboodskap van ondersteuning deel om te sê: hul ma’s is nie alleen in dié moeilike tyd nie.

Kyk hiér na die advertensie-video

Katie Holmes deel skaars foto’s van haar dogter, Suri

Buiten die video wys die ma-en-dogter-span ook opnuut hul toewyding met ’n advertensie waarin hulle elkeen twee pienk strepe op hul wange geverf het met die kragtige boodskap: Ons gee nie op nie.

FOTO: Carolina Herrera

FOTO: Carolina Herrera

Carolina jr. verduidelik in dié video meer oor vanjaar se CH Pink-borskankerveldtog

Wys ook jou ondersteuning deur in Oktober twee pienk strepe op jou wange te verf en foto’s op sosiale media te deel saam met die hutsmerk #CHPINK.

*Lees meer oor dié veldtog in die Oktober-uitgawe van SARIE

Kry só ons SARIE Voorbladgesig-wenner se voorblad-grimeervoorkoms