dior
Het jy gehoor?

VIDEO: Nuwe parfuum-advertensieveldtog onthul

Die mode- en skoonheidshuis Dior het pas hul splinternuwe advertensie-kortfilm vir hul sensuele parfuum Dior J’adore bekend gestel. En met ons eie Charlize Theron wat skitter in goud is dit beslis een van ons gunstelinge!

Met dié advertensieveldtog blaas Dior nuwe lewe in die ikoniese parfuum met die slagspreuk: “The future is gold.” Hoewel Dior J’adore reeds 15 jaar oud is, inspireer die advertensieveldtog die J’adore-vrou om met optimisme die “goue” toekoms aan te gryp.

Suid-Afrikaners verskyn in Dior-advertensies

Charlize Theron in 'n splinternuwe advertensie vir Dior J'adore-parfuum. Sy is al 10 jaar die gesig van dié ikoniese parfuum.

Charlize Theron in ‘n splinternuwe advertensie vir Dior J’adore-parfuum. Sy is al 10 jaar die gesig van dié ikoniese parfuum.

Lees meer oor Charlize se trouplanne!

Dié vroulike parfuum, met sy kenmerkende fatsoen, bevat blomnote soos jasmyn, roos, iris en ilang-ilang. Ontdek meer by www.dior.com.

 

Dior J'adore

Dior J’adore

Supermodel nuwe gesig van Chanel-parfuum