FOTO: CHANEL

FOTO: CHANEL

Het jy gehoor?

VIDEO: Nuwe parfuum- advertensieveldtog speels en vroulik

Die bekende mode- en skoonheidshuis Chanel het onlangs hul splinternuwe toevoeging tot die Chance-parfuumreeks, Chanel Chance Eau Vive, bekend gestel. En die speelse advertensiefilm van dié nuwe geur is genoeg om enigiemand te inspireer om ’n kans te vat.

Prins George steel weer die kollig – lees meer!

Die film speel af in ’n fantasie-kegelbaan en vertel die storie van ’n energieke jong vrou wat haar plek op die “Chance”-span verseker met ’n uitklop-kegelhou. Kyk die advertensie hieronder om te sien wat verder gebeur…

Skoonheidsinspirasie: Sprokieswinter in Junie

Chanel se drie Chance-geure is een van dié mode-en-skoonheidshuis se topverkoper-parfuums. Al drie is lig en vars en het dieselfde hart van jasmyn. Dié nuwe en vierde toevoeging tot die reeks sprankel ook met pomelo, lemoen en wit muskus vir ’n geur wat energiek en vroulik is.

Hiér is ’n paar agter-die-skerms-foto’s van die advertensiefilm:

Chanel Chance Eau Vive (R1 095 vir 50 ml EDT) is van 18 Junie af landwyd beskikbaar.

chanel chance eau vive

Chanel Chance Eau Vive

Ons toets: Basislaag (primer) vir olierige vel