FOTO: Dior

FOTO: Dior

Het jy gehoor?

VIDEO: Smeulende parfuum-advertensieveldtog met Johnny Depp pas onthul

Ná die sexy akteur Johnny Depp vroeër vanjaar as die gesig van die mode- en skoonheidshuis Dior se splinternuwe mansparfuum aangekondig is, kon ons nie wag vir die advertensieveldtog nie – en hiér is dit nou!

Kylie Jenner loods anti-boelie-veldtog

Met dié veldtog stel Dior hul eerste nuwe mansparfuum in tien jaar, Dior Sauvage, bekend. In die video-advertensie verruil die 51-jarige veteraan-akteur die stad vir ’n droë woestyn-landskap omring deur wilde diere en helderblou lug, waar hy sy kenmerkende juwele begrawe. Só simboliseer die advertensie Johnny se terugkeer na sy ware, wilde natuur deur homself vry te maak van die maskers en herinneringe van sy verlede.

Kyk hiér na die video-advertensie:

Grootste skoonheidstendense by die MTV-musiekvideo-toekennings

Dior Sauvage (R1 215 vir 100 ml EDT) is ’n intens manlike geur met note van peper, sitroen, ambergrys, laventel en kuskusgras. “Om Sauvage te skep het ek ’n man se sterk en onmiskenbare manlikheid as my beginpunt gebruik,” het die skepper van dié geur, François Demachy, in ’n persverklaring gesê. Daarby skreeu die eenvoudige ontwerp van die bottel elegansie. Aan die buitekant het dit ’n glansende spieël-afwerking en ‘n magnetiese doppie met die kenmerkende Christian Dior-monogram.

Dior Sauvage FOTO: Dior

Dior Sauvage (R1 215 vir 100 ml EDT)
FOTO: Dior

Kyk gerus dié smeulende video-advertensie meer as een keer… Ons gaan beslis!

Tap on the image to continue the story: @diorsauvage_miles00 #diorsauvage

A photo posted by THE WILD (@diorsauvage_miles60) on

Trevor Noah maak gereed vir nuwe The Daily Show…