FOTO: Lancôme

FOTO: Lancôme

Het jy gehoor?

Vier jou ouderdom met nuwe veldtog + ons toets ikoniese serum

Vier bekende aktrises, elk ‘n ander ouderdom maar met een gemene eienskap – jeugdige skoonheid wat straal van selfvertroue. Die Franse skoonheidshuis Lancôme se #LoveYourAge-veldtog is vandeesweek begin en spog met Penélope Cruz, Kate Winslet, Lupita Nyong’o en Lily Collins wat elkeen haar ouderdom met trots onthul.

Dié bekendes se haarproduktereeks is nou te kry in SA

Met dié veldtog vier die skoonheidshuis een van hul gewildste serums, Lancôme Advanced Génifique Youth Activating Concentrate (R999 vir 50 ml), en wys dat dit ’n produk is vir vroue van enige ouderdom en velkleur. Dis ook die eerste keer dat dié vier Lancôme-ambassadeurs saam in ’n advertensieveldtog verskyn.

Die oorspronklike Génefique-serum is agt jaar gelede bekend gestel. Daarna het ’n nuwe verbeterde formule met ’n unieke druppertjie, wat presies die regte hoeveelheid serum vir een keer se gebruik uitspuit, in 2013 verskyn. Die serum is ontwikkel om verskeie tekens van veroudering, soos vaalheid, ’n growwe tekstuur en ’n vel wat minder ferm is, aan te spreek. ’n Egalige veloppervlak help dat ligdeeltjies makliker van jou vel af bons en dít sorg vir ’n jeugdige en gesonde gloed.

Lancôme Advanced Génefique Youth Activating Concentrate

Lancôme Advanced Génefique Youth Activating Concentrate

Die SARIE-span het spesiaal dié serum op die proef gestel:

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Ek glo jou vel lyk die mooiste wanneer jy daagliks die regte kombinasie van produkte gebruik, elk met sy spesifieke doel. Dit is hoekom ek elke oggend vier velsorgprodukte aanwend voordat ek grimeer. Nadat ek my gesig gewas het, raak ek eers van dooie selle ontslae met ’n chemiese afskilferingsproduk en wend dan ’n serum, ’n vogroom en sonskerm aan. Vir baie vroue kan produkte wat laag op laag gebruik word net te swaar wees. Maar kies jy reg, sal jy dit skaars op jou vel voel. Ek toets tans Lancôme se Advanced Génifique Youth Activating Concentrate en tot dusver is die beste eienskap van dié serum sy veerligte tekstuur wat binne ’n paar minute absorbeer. Dit voel dus glad nie vreemd om daarna nog een of twee produkte aan te wend nie. Dié bekroonde produk beloof om tien velkwessies, insluitende fyn lyne, verlies aan fermheid en ’n onegalige veltoon, te takel. Mettertyd behoort daar ’n verbetering aan dié tekens van veroudering te wees. Ná ’n week se gebruik kon ek reeds sien my vel is sagter en effens helderder.

- Charis van den Heever, SARIE skoonheidsredakteur (33)

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Ek het dié serum elke oggend en aand net voor my vogroom aangewend. Danksy ’n ligte formule absorbeer die serum baie vinnig. Ek kon daarom dié stap maklik by my velsorgroetine inwerk. Vandat ek die serum begin gebruik het is my vel se tekstuur sagter en meer egalig. Omdat die drupper presies die regte hoeveelheid serum uitspuit, sorg dit ook dat jy nie te min of te veel op ’n slag gebruik nie. Ek is ook mal oor die elegante swart-en-silwer ontwerp van die bottel – dit maak dié serum ’n produk om te koester.

- Monica Pienaar, SARIE skoonheidsassistent (25)

 

Toe ek onlangs gevra is om Lancôme se Advanced Génifique Youth Activating Concentrate te toets, was ek effens skepties oor die belofte dat jy binne net 7 dae ’n verskil sal sien. Dis nog net ’n paar dae dat ek dit soggens en saans aanwend, maar ek kan reeds sien dat my vel effens fermer is. My vel is nogal sensitief en dis verblydend om te sê ek het geen allergiese reaksie getoon nie. Die serum is lig en trek binne sekondes in sodat ek met die res van my velsorgroetine en grimering kan aangaan. Ek het ook daarvan gehou dat die serum se drupper so ontwerp is dat jy presies die regte hoeveelheid in die drupper het wanneer jy die prop uitdraai, aangesien ek altyd wonder of ek nou te veel of te min gebruik.

- Liesl Roodt, SARIE teksredakteur (42)

Besoek ook dié skakels vir meer inligting oor Lancome se Advanced Genefique Youth Activating Concentrate en die #LoveYourAge-veldtog.

Kry só unieke ombré lippe vir ’n goeie doel