FOTO: La Mer

FOTO: La Mer

Het jy gehoor?

Vier Wêreld-Oseanedag met ikoniese vogroom

Die luukse velsorghuis La Mer het onlangs die beperkte weergawe van hul ikoniese room, Crème de la Mer, bekend gestel ter viering van Wêreld-Oseanedag op 8 Junie.

Vanjaar is die tiende jaar wat dié velsorghuis by Wêreld-Oseanedag betrokke is. Met hul Blue Heart-veldtog stel La Mer elke jaar ’n spesiale weergawe van hul Crème de la Mer-vogroom bekend, waarvan ’n gedeelte van die verkope geskenk word aan ’n organisasie wat help om bewustheid oor ons oseane te skep. Vanjaar ondersteun hulle die National Geographic Society, wat onder meer oseaan-ekspedisies en -studies befonds.

Hanna Grobler se hartseer nuus

La Mer het nog altyd ’n nou band met die see. Die skepper van dié velsorghuis, dr. Max Huber, het geglo in die hernuwingsvoordele van seewier (kelp) en dit in sy heel eerste produk gebruik. Vandag bevat elke La Mer-produk seewier wat met die hand geoes word sodat die ekostelsel nie versteur word nie.

la mer creme de la mer blue heart

La Mer Creme de la Mer The Moisturizing Cream

“Die oseaan is ’n belangrike deel van La Mer se erfenis en ons is daartoe verbind om die skoonheid en rykdom van die oseaan regdeur die jaar te vier,” sê Sandra Main, die globale handelsmerk-president van La Mer, in ’n persverklaring.

Mathys Roets se splinternuwe app én TV-reeks – lees meer!

Vanjaar se beperkte weergawe Crème de la Mer-potjie (R4 990 vir 100 ml) het ’n vlootblou verpakking met die woorde “Blue Heart” daarop. Die luukse vogroom is tot einde Junie beskikbaar by uitsoekwinkels van Edgars, Red Square en Stuttafords.

Gaan Ben Affleck en Jennifer Garner se paadjies skei?