makeup_school_3_copy
Het jy gehoor?

WEN kaartjies na die Bobbi Brown-grimeerskool

Die Bobbi Brown-grimeerskole is die ideale geleentheid vir jou om daardie fyner kunsies van grimering aan te leer. Die grimeer-ghoeroes gaan hulle beste wenke, van velsorg tot jou unieke grimeerstyl, met jou deel. Hulle doen nie verniet die grimering van beroemdes en bekendes wêreldwyd nie. 

Jy kan dit bywoon! Jy kies watter plek jou pas, en maak seker jy kies jou provinsie in die inskryfvorm hieronder wanneer jy inskryf. Dis maklik! Die sessies duur 2 ure elk en word twee keer per dag om 12h00 en om 16h00 aangebied. (Jy kan egter nie jou prys ruil vir produkte nie)

Johannesburg15 tot 28 Februarie
By die Edgars-grimeertoonbanke in Melrose Arch, Sandton, East Gate of Westville.

Pretoria – 1 tot 7 Maart
By die Edgars-grimeertoonbank in Menlyn

Kaapstad – 15 Februarie tot 7 Maart
By die Edgars-grimeertoonbanke in die V&A Waterfront, Tygervallei-sentrum en Claremont-inkopiesentrum

  • Susan

    Kan my kwalik ‘n groter bederf indink, wou nog altyd so iets bywoon!! Dit sal nou ‘n wonderlike laat Valentynsbederf wees. Dankie vir die geleentheid om so iets te kan bywoon.

  • Natasha

    Ek sit die minimum grimering aan.
    Juis omdat ek nie rerig weet hoe om dit reg te gebruik nie en wat my laat goed lyk nie.
    Dink die grimeer skool kan net wonderlik wees, kan daaruit leer hoe om grimering beter te gebruik.

  • Erika Hartzenberg

    My werkgewer is altyd so pragtige gegrimeer en dan het sy ‘n sekretaresse wat geen grimering aan het nie!!! Sal nie omgee om so iets by te woon sodat ek ook my grimering kan gebruik en jy lyk net meer profesioneel as jy grimering dra!!!

  • Zelna

    Dink dit sal net ‘n wonderlike verjaarsdag geskenk wees, kan nie aan iets beter dink nie

  • Nerika

    Ek dink hul moet verseker ‘n grimeerkurses op skool verpligtend maak!!!! ‘n Mens het verseker meer selfvertroue as jou goed voel oor jouself en wat is mooier as ‘n vrou wat stunning gegrimeer is!!

  • Karin

    Great … Great … great!!! Hierdie sal absoluut heerlik wees!

  • Lize

    Ai! Dit kan net wees wat ek nodig het om daai ekstra tikkie "kleur" aan my dag te gee!!

  • ELZET ENGELBRECHT

    Wou nog altyd leer hoe om die perfekte grimering te doen. Dit laat mens net soveel beter voel oor jouself as die prentjie van buitemooi ingekleur is al is die binneste ene vaal

  • http://www.virginactive.co.za karin croukamp

    Ek het nog nooit geweet hoe om grimeering op te sit nie, ek sit maar die basiese op, mascara en gesig poeeir. Dis sal nou wonderlik wees om te leer hoe om grimering ordentlik op te sit, en veral die top produk, Bobbi Brown.

  • LOUISE-MARIé

    Ek is mal oor Bobbi Brown se grimering – dis wonderlik. Ek stel baie belang in ‘n loopbaan in grimering en sal graag meer daaroor wil uitvind, veral in die Bobbi Brown reeks. Ek het nog nooit iets gewen nie, so dit sal my eerste groot bederf van Sarie wees!

  • Tertia

    Sjoe! Watter wonderlike geleentheid om te leer om REG te grimeer by ‘n professionele grimeerkunstenaar, met produkte van hoogstaande gehalte,en nie hoef staat te maak op ‘n verkoopsdame by die skoonheidstoonbank van die apteek soos in die platteland dikwels die geval blyk te wees nie.

  • Talana Slade

    Bobbi Brown grimeerkursus – Wow!! Sal bitter graag wil leer om grimering korrek aan te wend. Dit doen soveel vir jou selfbeeld en selfvertroue as jy die korrekte grimering aanhet!

  • http://sarie.com Ronel

    Dit net hoe lekker bederf sal dit darem nie wees as ek hierdie prys kan wen nie en wat ek my drie dogters gaan leer van grimering nie

  • Venesra

    Soms voel ‘n vrou soos uit gewaste lappie en wil net mooi wees.En sommer net asemrowend lyk, vir haar kinders en man. en as daar nog sulke donker vlekkies op die wange pronk en die grimeering bly net vir 5 min aan dan raak jy sommer moedeloos,Bobbi Brown sal die tower kuns he met sy grimeering.

  • Janine

    Ek wil so graag leer hoe om grimering reg aan te sit.Ek is mal oor Bobby Brown se produkte.Ek gebruik tans die 2.5 onderlagie en die ligte bronser.Sal so graag wil weet hoe om die ander Bobby Brown produkte te gebruik,sodat ek my ma ook kan leer wat tans ook die produkte gebruik.

  • Karin Swanepoel

    Ek sal graag so sessie wil bywoon, veral nou dat ek al in my 40s is en ek meer "war paint" benodig, lmp! Ek sal dit regtig waardeer om te leer wat die regte produk en kleurskema vir my vel tipe en voorkoms is. Ek bewonder altyd grimeerkunstenaars omdat hulle van elke vrou ‘n Mona Lisa kan maak, ‘n skildery in haar eie reg! Ek sal so bederf baie geniet en sommer vergeet van daaglikse gebeure, vanaf die SAL, ANC tot AWB! Ek wil sommer jubel juig en my eie politieke party stig, die BBB > Brunette met Bobby Brown :-)

  • Riana Basson

    Spiëeltjie, spiëeltjie in my hand, wie’s die mooiste in die land?…definitief nie ek met my flou grimeer pogings nie! Ek het die 21ste Februarie verjaar en AL my kersies eenslag dood geblaas, so ek hoop my wens word waar!!!

  • Rentia Burger

    Ek word oor 2 weke ‘n ma vir die eerste keer, en is so opgewonde! Bobbi Brown se grimering beklemtoon dit wat uniek is aan ‘n vrou se voorkoms op ‘n natuurlike en vleiende manier. Ek is ‘n groot voorstaander van die reeks en tegnieke, en sal baatvind by hierdie sessie oor hoe om met min tyd en minimum produkte die meeste te maak van my nuwe rol.

  • http://www.lssa.org.za Leonie Marais

    Ek kyk altyd na ‘n program op TV waar hulle iemand vat en in 1 week haar hele lewe verander met ‘n "Make Over". Ek sou vreeslik graag ook vir so ‘n "Make Over" wil gaan. Ek stel vreeslik belang om ‘n nuwe "image" te kan kry. Dink net ‘n nuwe gesig met bietjie vegverf> Kan julle toor? Ek het al gesien hoe Bobby Brown ‘n swaan van ‘n lelike eentjie maak.

  • http://jawgxcveymyq.com/ zhqfpu

    souFRH lnumehqjpocm, [url=http://tybaoaozvztd.com/]tybaoaozvztd[/url], [link=http://afuirxfysoev.com/]afuirxfysoev[/link], http://uzheoepahpci.com/