la_mer_moisturizing_soft_cream_2_555x477
Het jy gehoor?

WEN! ’n Bederf-aandete met La Mer en SARIE

Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom is om vir ons in 50 woorde in die kommentaarboks hieronder te vertel hoekom La Mer jóú gunsteling-skoonheidshuis is. Dis al!

Skryf vir ons jou motivering en kom geniet ‘n spog-ete saam met SARIE se redakteur, Michélle van Breda, en skoonheidsredakteur, Mariska van Rooyen.

Sluitingsdatum: 12 November 2012.

Die 10 wenners sal Woensdag 14 November in kennis gestel word. Wenners moet op eie koste by die restaurant in Pretoria kan uitkom.

Michélle van Breda, SARIE-redakteur

Michélle van Breda, SARIE-redakteur

Mariska van Rooyen, SARIE-skoonheidsredakteur

Mariska van Rooyen

  • Susan

    wow dit sal ‘n stunning aand wees! Ek gebruik Crème de la Mer wat ‘n wonderwerk room is, en my HELE budget omver gegooi het, maar nou ja niemand in die huishouding weet hoeveel ek daarvoor betaal het nie, die roompie word net super goed bewaak! Dit sal heerlik wees om om die tafel te sit met Michelle en Michelle!

  • Susan

    Jammer Michelle en Mariska

  • Allison

    Crème de la Mer is a ‘miracle’ werklikwaar. My vel voel gladder ek het ‘n probleemvel nadat ek as tiener velpille moes drink. Ek het Michelle by die Sariekos dag ontmoet en ek sal graag saam met haar wou kuier om die tafel, dit sal baie lekker wees. Ek hou daarvan om nuwe mense te ontmoet so ek hoop ek is gelukkig.

  • Annetjie

    Al wat ek kan se is dat Crème de la Mer my lewe verander het. Dit het my selfbeeld verbeter my vel voel gladder en my lagplootjies lyk sagter en my vel voel gladnie meer so droog nie. Ek moes letterlik als op ys sit om hierdie room te kon koop maar dit is oor en oor die moeite werd. Ek sou nogal meer wou uitvind van Mariska van die wonderproduk.

  • Nadia

    La Mer, La Mer – die woorde ontgaan my. As mens so aan die 40s begin raak, raak jou vel nie meer so soepel en vlekloos soos in die jonger dae nie. La Mer se room is ‘n wonderproduk in ‘n potjie. Ek bewaar dit amper onder slot en grendel wat as my klein monstertjies dit in die hande kry gaan mamma letterlik ‘n kleuter tantrum gooi met tranne en bene wat skop, hahah!! My La Mer konsultant was so hulpvaardig met die aankoop van die eerste potjie en wat kan mens se die produk praat vir homself die resultate is manjifiek! Dankie La Mer!

  • Lizeth du Preez

    Ek moet se die is een van die beste produkte wat ek in ‘n lang tyd gebruik het wat eintlik werk. Ek het ‘n houertjie van die Soft Cream eenkeer as ‘n geskenk gekry en dit het wonders vir my gesig gedoen. Ek sit nou maar elke maand so geldjie opsy om vir my van die produkte te koop. Ek kan dit nie elke maand doen nie, maar sodra ek genoeg bymekaar gemaak het dan koop ek vir my nog ‘n produk aan. Ek spaar nou vir die Regenerating Serum.

  • Ursula Bezuidenhout

    Fantasties!! Elke vroumens behoort dit!!

  • Elize

    Dit was asvaal wintersoggend daar in Menlyn, ‘n bedroefde en koue dag, ek het huis gemis ek het my mense en sondag familiekuiers gemis (as mens kom swot hier in die stad is winters ‘n groter kultuurskok as die robotte , waar ek vandaan kom, is daar letterlik geen winters of robotte nie!!!). Opsoek na iets moois wat my siel sal opkikker, loop ek in by Edgars, verby al die duurste en mooiste en heerlikste lyfprodukte, velprodukte en reukwaters, alles waarvan enige vrou mos droom daar by die kosmeties afdeling. Ek vermoed La-Mer se verkoopsdame het in my oe gesien die "girl" kort ‘n bederf, sy roep my nader met die vriendelikste oe en se "Mam ,may I interest you in La-Mer hand massage? "thankyou but no thankyou" en ek glimlag terug, en sy se "mam today its free" (kyk vir ‘n brandarm student is ‘n gratis La-Mer bederfie ‘n "once in a lifetime"). Daai eenkeer wat ek die voorreg gehad het om te voel hoe die wonderlike produk voel, was in een woord tydloos!!!

  • ria willers

    Geagte Sarie

    Ek is 49 jaar oud. My seun, Richard het verdrink in 2006. Ek het toe nie meer belanggestel in myself nie. Ek gebruik Aqueous Cream.
    Ek koop glad nie enige tydskrifte nie en het net vandag besluit om in jul webside in te gaan. Ek het op jul skoonheidsproduk afgekom "La Mer". Ek het net gevoel ek moet dit probeer.

  • Liezl de Villiers

    Twee en ‘n half jaar gelede het my ma my bederf met my verjaarsdag en het ek my 1tse pot Crème de la Mer en Lip Balm gekry (sy is deur en deur ‘n La Mer devotee) waarna ek toe self die wash, toner en mist gekoop het!! Dit was die beste belegging wat ek kon maak in my vel se toekoms! Goeie velsorg is ALLES en jou vel voel na elke aanwending "gevoed" en "cared for"………..en ek voel super special! ‘n Voorreg om vrou te wees :)

  • Hanro Lonte

    Ek het nog net goeie goed van La Mer gehoor, maar ongelukkig val dit nie in my ‘budget’ nie. Ek hoor dis ‘n wonderproduk wat jou vel vernuwe en jonger laat lyk? Dalk moet ek myself bietjie bederf, daarvan kry en vir myself sien watse wondere dit vir my vel kan doen!

  • Carli Labuschagne

    My skoonheidsterapeut-sus merk toe op dat sy nog nie so ontwaterde vel gesien het nie. Maande se borsvoeding, ma-wees, werk deur kraamverlof en algehele afgeremdheid het sy liters water geeis! La Mer het die vreugde teruggesit in my skoonheidsroetine en my broodnodige selfvertroue gegee. Ek glo ook dis n belegging.

  • Natasha Bouma

    Ek is n 25 jarige vrou wat al jare sukkel met n vel wat sonskade opgedoen het al van my jong dae af! Ek is al deur talle produkte en gesig afskilvering behandelings maar ek sit nogsteeds met erge sonskade. As n jong vrou wil n mens graag sonder grimering rondloop, maar ek moet elke dag my vel ordentlik toemaak met onderlaag sodat ek met bietjie selfvertroue die wereld kan trotseer. Op hierdie stadium van my lewe het ek ongelukkig nie die begroting om so duur produk aan te koop nie maar wag geduldig vir die dag wat ek hierdie ongelooflike produk kan uittoets!!

  • Gherda Wilson

    Wat n voorreg sal dit nie wees om om n tafel te kuier, saam met Michelle en Mariska nie. Vir my is La Mer n "wonderwerker" in potjie. n Moet vir elke vrou!

  • Karin Behrens

    Ek gaan eerlik wees: Ek gebruik glad nie die produkte nie – (wens ek kon) veels te duur! Maar dit lyk na ‘n fantastiese produkte wat wonderwerke bewerkstellig teen veroudering. Ek lees Sarie al seker vir meer as 30 jaar en dit sal as Pretorianer lekker wees om die aand met julle te deei.

  • Liezl de Villiers

    Twee en ‘n half jaar gelede het my ma my bederf met my verjaarsdag en het ek my 1tse pot Crème de la Mer en Lip Balm gekry (sy is deur en deur ‘n La Mer devotee) waarna ek toe self die wash, toner en mist gekoop het!! Dit was die beste belegging wat ek kon maak in my vel se toekoms! Goeie velsorg is ALLES en jou vel voel na elke aanwending "gevoed" en "cared for"………..en ek voel super special! ‘n Voorreg om vrou te wees :)

  • Gerinda Jooste

    Dis ongelooflik hoe goed ons vroue oor ons voorkoms voel … Totdat imand ‘n aanmerking daaroor maak! Maar, ek moet erken dat ek elke keer as ek my La Mer serum op my vel smeer en sien hoe my vel gloei dit geniet om komplimente te kry oor my mooi vel. La Mer het my opinie oor luukste velsorg vir altyd verander, want dit is voorwaar ‘n belegging in ‘n potjie en ek kan voel hoe my vel van lekker-kry elke bietjie bederf gniet.

  • Lynette de Villiers

    Die gebruik van La Mer produkte is ‘n groot bederf aan myself! Dis ‘n fees om te gebruik en die resultate is ongelooflik! Ek het nog nooit so tuis in my eie vel gevoel nie! Nie gedink ek sal dit ooit se nie maar……… La Mer vir jou sal ek "beg, steal or borrow"!

  • Lucinde De Lange

    My bene vou altyd so effe onder my as mense praat van La Mer. Vandat ek die luukse La Mer Creme gebruik is my vel sagter, nie soo aaklig rooi nie, en ek kry komplimente van almal! Dit is die enkele "skuld-kopie" wat ek gereeld onderneem and nie regtig skuldig oor voel nie!

  • Helena Graham

    Dit sal nou n droom wat sal bewaarheid word om dit te ervaar. Hierdie room behoort enige vrou se vel daardie hupstoot te gee op enige ouderdom. As ek dit kon bekostig, sou ek dit lankal gekoop het. En om daarmee saam met Michelle net van ver af te kan sien, sal ook n eer wees. Ek wens die persoon wat dit wen, geniet dit baie.