Het jy gehoor?

WEN parfuumgeskenkpakke

Die splinternuwe Christina Aguilera-parfuum, Red Sin, is vanaf 29 Oktober vanjaar op die rakke en SARIE.com bied jou die kans om een van 9 parfuum-geskenkpakke te WEN!

Met dié parfuum wil Christina vroue inspireer om haar vroulikheid te vier. Elke vrou moet verleidelik en sexy voel, meen sy. Christina is veral bekend vir daai kenmerkende rooi lippe en sy weet dat dié kleur die vermoë het om aan ‘n vrou se hartsnare te trek. Rooi neem enige vrou van sag en onskuldig, tot sterk en inspirerend.

“Rooi is meer as net ‘n kleur,” vertel Christina. “Om rooi te dra laat jou sexy en vol selfvertroue voel. My liefde vir rooi was die inspirasie agter Red Sin.”

Die geur: Vars, rooi appel-geure vorm die bo- en middelnote, terwyl ‘n vurige kaneel- en spesery-toon die bo-toon ‘n byt gee. Daar’s ‘n tikkie alpeviooltjie-geur, beter bekend as die blom van die liefde, in die middeltoon. En daardie kenmerkende muskaatgeure van Christina se parfuums vorm die ondertoon van Red Sin.

Die botteltjie: ‘n Verleidelike rooi verpakking met kant-detail en ‘n swart strikkie.

Beskikbaar by uitsoektakke van Edgars, Truworths, Foschini, Stuttafords & Dis-Chem

Red Sin is beskikbaar in die volgende reeks

  • Eau de Parfum, 15ml R170
  • Eau de Parfum, 30ml R255
  • Eau de Parfum, 50ml R350

Jy kan WEN - vul jou besonderhede in