FOTO Instagram / @gisele

Het jy gehoor?

Woensdagwenk – maak jou hare “bronde”

Bronde is die perfekte skakering tussen blond en brunet, sê Sarianne Oosthuizen, handelsmerkbestuurder van Schwarzkopf.

’n Haarkapper “verf ” jou hare met twee verskillende ligter skakerings wat in mekaar vloei. As dit reg gedoen word, lyk dit asof die son jou hare ligter gekleur het.

Die model Gisele Bündchen het dié haarkleur bekend gemaak. Sterre soos Sarah Jessica Parker, Jennifer Lopez en Jennifer Aniston het daarna haar voorbeeld gevolg.

Die tennisspeler Andy Murray se meisie, Kim Sears, kleur haar hare ook “bronde”.

Vermy dit as jou natuurlike haarkleur baie donker is, omdat jou hare meer beskadig gaan word wanneer dit ligter gemaak word.

Nóg gewilde haarstyle: