Agter die skerms met supermodel Hilary Rhoda
Op 22 het Hilary Rhoda die modewêreld aan haar voete.
Vogue, Harper’s Bazaar, Valentino, Lacroix, Steven Meisel, Mario Testino en Estée Lauder – almal deel van haar glanswêreld. As daar ook teleurstellings en hartseer is, verklap dié 5 voet 11-
supermodel niks nie.
Só sien sy haar skoonheid...
Wanneer jy in die spieël kyk, wat sien jy?
Glo my, ek hét my af-dae. Ek word ook wakker en wil niemand sien of die huis verlaat nie. En onthou, op skool was ek altyd die langste (selfs langer as die seuns!), vir 4 of 5 jaar die een met drade aan die tande, die grootste voete. Nou nog, as ek myself op advertensieborde sien, is dit vir my onwerklik. Maar ek glo nie ek het verander nie – ek het steeds die vriende wat ek op skool gehad het.
Sou jy iets aan jou voorkoms wou verander?
Ek kan nie nou aan iets dink nie. Ek wens wel ek was spitsvondiger. Ek het vriendinne wat vinnig ’n ding raak kan sê en só snaaks kan wees. As ek maar só was; dat ek nie na my voete hoef te kyk nie.
Kosmetiese chirurgie is vandag algemeen. Sal jy dit oorweeg?
Ek het nog niks laat doen nie! Ek’s nog veels te jonk om daaraan te dink ... ek... (Hilary se agent: Geen verdere vrae oor kosmetiese chirurgie nie.)
Verwante artikels
-
5 grimeerwenke om te onthou
SARIE - Augustus 2009
Aliki Price, handelsmerkwoordvoerder vir Estée Lauder, deel 5 van haar grimering-pêrels vir droomvel.
-
Die X-faktor van ons November-voorblad - Fanie verklap . . .
SARIE - November 2009
Voormalige Mej. Heelal Michelle McLean lyk sprankelend in Tiaan Nagel se koraalpienk ontwerpersrok op ons November-voorblad. Kom loer saam agter die skerms
-
Estée Lauder Advanced Night Repair: Tyd in 'n bottel
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 4
Dié ikoniese klein bruin botteltjie spog ook nou met 'n splinternuwe webtuiste.























Kommentaar