Boss se nuwe ambassadeur

SARIE - Julie 2009

Dit is 'n jaar sedert Boss aangekondig het dat Sienna Miller die gesig van hul Boss Orange Woman-parfuum is. Nou het hierdie parfuum 'n metgesel gekry: Boss Orange for Men, met Orlando Bloom as die nuwe gesig.

Orlando verklap dat dit vir hom maklik is om te identifiseer met die Boss Orange-handelsnaam: "Dit is nonchalant en spontaan – eienskappe waarmee ek my maklik kan vereenselwig."

Orlando, wat ook 'n welwillendheidsambassadeur vir die VN se kinderfonds is, is verloof aan die model Miranda Kerr. Hy is bekend vir sy rolle in The Lord of the Rings en Pirates of the Caribbean en werk tans aan Main Street saam met Colin Firth, The Good Doctor en The Three Musketeers. Hy speel ook in Sympathy for Delicious wat hierdie jaar uitgereik is.