Britney se nuutste parfuum: "Dit laat enige vrou op haar mooiste voel..."

SARIE Augustus 2010

Dis haar 9de parfuum op die rak en Radiance het klaar die wêreld aan die praat.

Britney Spears het die advertensie-veldtog van haar nuwe parfuum met haar Twitter-aanhangers gedeel toe sy dit vir die eerste keer gewys het voor die parfuum in September vanjaar op die rakke is.

Radiance, met sy blomgeure, wys 'n meer elegante sy van die pop-prinses. "Ek's mal oor die vroulike geur van my nuwe parfuum. Dit laat enige vrou op haar mooiste voel."

Die botteltjie is met pienk, blou en deurskynende edelstene versier.


 

Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction