Parfuumflieks
Parfuum-advertensies word al hoe meer soos fliekproduksies benader – en hoe dan anders as wêreldbekende regisseurs verantwoordelik is vir die skep van die produksies.
Dink maar net aan Chanel se No. 5-advertensies: Nicole Kidman het hier saam met regisseur Baz Luhrmann gewerk (na groot sukses saam in Moulin Rouge en later ook Australia) en in die jongste advertensie vir No. 5 span Audrey Tautou weer kragte saam met haar Amelie regisseur Jean-Pierre Jeunet.
Ook Sofia Coppola (regisseur van flieks soos Lost in Translation en Marie Antoinette) is deur Dior genader vir hul Miss Dior Cherie-veldtog, terwyl Frank Miller van Sin City faam verantwoordelik was vir die regie van Gucci se nuwe Guilty-advertensie.
Toe Chanel onlangs hul eerste onafhanklike mansgeur in 11 jaar wou bekendstel - Bleu de Chanel - het hulle besluit dat Martin Scorsese die regte man sal wees om ʼn impak te maak. Scorsese is verantwoordelik vir rolprente soos Taxi Driver, The Departed, Gangs of New York, The Aviator en mees onlangs Shutter Island. Hy word gesien as een van die invloedrykste regisseurs van sy tyd.
Interessant genoeg is Bleu de Chanel nie Scorsese se eerste kortfilm nie. Hy het ook die regie van Micheal Jackson se "Bad" musiekvideo in 1987 behartig.
■ Kyk uit vir Scorsese se 30-sekonde advertensie op SABC3 en M-Net gedurende September of kliek hier.
■ Bleu de Chanel is op 27 Augustus 2010 in SA bekend gestel en is landswyd beskikbaar.
Verwante artikels
-
cK One - nou ook klerereeks!
SARIE - Maart 2011
Die gewilde ck one-parfuum, wat in 1994 bekend gestel is as die eerste geur vir mans én vroue en vandag nog een van die suksesvolste parfuum-veldtogte van alle tye is, trek 'n nuwe baadjie aan.
-
Coco Chanel-geïnspireerde mode
SARIE - Desember 2009
Coco Chanel was die grande dame van styl. Niemand het pêrels, ’n wit hemp en ’n manspak gedra soos Chanel nie. Vandag kan jy ook . . .
-
Dave Pepler-blog: Die huis van Chanel het vele kamers
SARIE - Junie 2010
Die twee sit net buite bereik van die wit lig van die loopplank. Daardie wit lig wat plooie, rimpels en lewervlekke so meedoënloos uitlig.
-
Die Chanel-kortfliek met Carole Bouquet
SARIE - November 2009
Carole Bouquet is in 1996 gekies as een van die 5 Chanel-muses vóór Audrey Tautou.
-
Die Chanel-kortfliek met Catherine Deneuve
SARIE - November 2009
Catherine Deneuve is in 1972 gekies as een van die 5 Chanel-muses vóór Audrey Tautou.
-
Die Chanel-kortfliek met Estella Warren
SARIE - November 2009
Estella Warren is in 1999 gekies as een van die 5 Chanel-muses vóór Audrey Tautou.
-
Die Chanel-kortfliek met Nicole Kidman
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
Nicole Kidman is in 2004 gekies as een van die 5 Chanel-muses vóór Audrey Tautou.
-
Die seisoen se lekkerste vroue-parfuums
SARIE - Desember 2010
Ons wys vir jou die seisoen se lekkerste vroue-parfuums soos gekies deur SARIE se skoonheidsredakteur, Mariska van Rooyen.
-
Elizabeth Taylor se verleidelike oë verkoop nou parfuum!
SARIE - November 2010
Die parfuum is vars en intiem, maar so ook die oë daaragter – dié van Elizabeth Taylor!
-
Nóg 'n kortfliek vir Chanel-parfuum... dié keer met 'n sexy Fransman
SARIE Augustus 2010
Hier's dievideo geskiet deur die bekroonde Hollywood-regisseur, Martin Scorsese.
-
Ruik lekker, voel sexy!
SARIE - Maart 2011
-
Wees sexy met geur
SARIE - November 2010
Ons diepste emosies word deur ons reuksintuig ervaar, indrukke wat 'n leeftyd kan hou.




















Kommentaar