Christi Panagio se skoonheidswenke

SARIE - September 2009

Gee jou lig, sê Christi.

"Ek gebruik elke oggend M.A.C Strobe Liquid (R275). Tik dit aan onder jou oë en jy lyk dadelik jonger. Dit bevog en sorg dat fyn lyntjies en donker kringe nie sigbaar is nie."

Christi glo ook in 'n masker van hawermout en heuning, wat sy self maak om haar gesig ekstra vog te gee en die wysers te laat stilstaan.

Volgens haar is 'n goeie reiniger soos Dermalogica Special Cleansing Gel (R350) ook onmisbaar.

"Ek dra só baie grimering op fotosessies, daarom is 'n goeie reiniger 'n moet. Dit berei jou vel voor sodat jou vogroom sy werk kan doen."

Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction