Estée Lauder se 'familie' brei weer uit!
Estée Lauder se 'familie' word al groter met die aansluiting van 'n nuwe gesig by die modelle wat hul produkreeks adverteer.
Die skoonheidsmaatskappy spog reeds met name soos Elizabeth Hurley, Hilary Rhoda en Carolyn Murphy en nou het die Puerto Ricaanse model Joan Smalls haar by dié skoonhede aangesluit.
Joan het in 2010 haar verskyning gemaak toe sy modelwerk vir modehuise soos Marc Jacobs, Prada, Gucci, Givenchy en Louis Vuitton gedoen het.
“Joan se glimlag, warmte en positiewe energie is perfek vir die Estée Lauder-handelsnaam”, sê Aerin Lauder, senior adjunkpresident van die maatskappy.
Suid-Afrikaners kan haar vanaf Julie in plaaslike advertensies sien.
Verwante artikels
-
Aerin Lauder se nuwe geur
SARIE - Desember 2009
Aerin Lauder, kleindogter van Estée Lauder, het ’n parfuumformule ontdek wat haar ouma onvoltooid gelaat het.
-
Aerin Lauder se ontdekking
SARIE Januarie 2010
Dit het alles begin toe Aerin Lauder, kleindogter van Estée Lauder, 'n parfuumformule in die kluis ontdek het wat haar ouma onvoltooid gelaat het.
-
Elizabeth Hurley oor borskanker
SARIE - Oktober 2010
-
Estée Lauder Advanced Night Repair: Tyd in 'n bottel
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 4
Dié ikoniese klein bruin botteltjie spog ook nou met 'n splinternuwe webtuiste.
-
Nuwe gesigte vir Estée Lauder
SARIE - Mei 2009
Die skoonheidshuis Estée Lauder het pas twee splinternuwe gesigte vir hul advertensieveldtogte aangekondig.
















Kommentaar