Die lewensverhaal van 'n parfuum
Foto’s: verskaf deur Chanel Galery
In die 1920’s was parfuums gewoonlik eenvoudige samestellings gegrond op een blomgeur. Maar Coco Chanel het gesê: “Ek wil vir vroue ’n kunsmatige parfuum gee, soos ’n rok, iets wat gemáák is.”
Chanel No. 5 was die eerste parfuum waarin groot hoeveelhede sintetiese aldehiede gebruik is om die blom-note uit te lig en hul sensualiteit te verhoog.
Die parfuummaker Ernest Beaux het glo sy inspirasie vir No. 5 in 1920 gekry toe hy tydens ’n militêre operasie in die Noordpoolsirkel beland het. Onder die middernagson gee die mere en riviere glo ’n baie spesiale geur af. Hy wou dit herskep.
Vir 30 ml Chanel No. 5-parfuumekstrak word 1 000 jasmynblomme, 24 eenhede ilang-ilang, 12 eenhede roos (rose de mai), Bourbon-vanielje, kuskusgras én die misterieuse bestanddeel – die talent van “die neus” (parfuummaker) – ingespan.
In die 1920’s was parfuumbottels erg opgesmuk. Die bottel was byna belangriker as dít wat binne-in was. Vir Coco het alles egter oor die inhoud gegaan. By die verpakking het sy geglo minder is meer. Sy wou iets elegants hê en het uiteindelik ’n eenvoudige bottel uit ’n man se toiletwaresakkie gekies. Sedert 1959 het die No. 5-bottel ’n permanente plek in New York se Museum of Modern Art.
In 1954 het Marilyn Monroe heel toevallig tydens ’n onderhoud genoem sy slaap nét in Chanel No. 5. Dit het natuurlik tot die parfuum se legende bygedra!
Coco Chanel het haar lewe lank lojaal aan die parfuum gebly. Elke oggend nadat sy haar wooneenheid in die Ritz-hotel in Parys verlaat het, het haar kamermeisie glo haar personeel gebel sodat hulle haar kantoor met Chanel No. 5 kon bespuit en sy haar dagtaak omring met dié geur kon begin.
Elke 30 sekondes word ’n bottel Chanel No. 5 êrens in die wêreld verkoop.
* Kyk na hierdie Chanel-kortflieks vir inspirasie soos nét Chanel kan!
Ontmoet die nuutste Chanel-muse, Audrey Tautou, in die November-uitgawe van SARIE (vanaf 12 Oktober te koop)
Verwante artikels
-
Coco Chanel
SARIE - Julie 2009
-
Dave Pepler se nuwe weeklikse blog - Snuf in die neus
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1
Snuf in die neus is ‘n nuwe weeklikse bydrae oor die wêreld van parfuum. Maar dis ook méér – dit gaan oor die finale produk, maar ook oor die magdom komponente - van kosbare olies en gom tot algemene tuinplante
-
Dior se tydlose geure
SARIE - Julie 2009
Christian Dior het parfuum deur die oë van ’n modeontwerper gesien.
-
Donker geure
SARIE - Oktober 2010
Donker parfuums is misterieus, verleidelik en smeulend. Trudi Loren, visepresident van parfuumontwikkeling wêreldwyd vir Aramis and Designer Fragrances, verklap meer oor hierdie minder bekende geurkategorie.
-
Estée Lauder Advanced Night Repair: Tyd in 'n bottel
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 4
Dié ikoniese klein bruin botteltjie spog ook nou met 'n splinternuwe webtuiste.
















Kommentaar
Marietjie van de Wall het gesê:
Chanel no. 5 is die mees fantastiese parfuum ooit. Die reuk is onbeskryflik.'n Mens voel aangetrek as jy Chanel no. 5 gebruik.
19de Okt. 2009, 09:25