Elizabeth Taylor se verleidelike oë verkoop nou parfuum!
Die parfuum is vars en intiem, maar so ook die oë daaragter – dié van Elizabeth Taylor!
Die parfuum word nie verniet Violet Eyes genoem nie, dis immers die kleur van die legendariese Hollywood-ster se oë.
Elizabeth Taylor is die inspirasie vir hierdie parfuum-reeks en haar persoonlikheid is daarin vervat: sexy, glansryk, skitterend, kalm, én dramaties. Kyk maar in haar oë wat so met die kamera speel! En pers is haar gunsteling-kleur...
Violet Eyes, in samewerking met Elizabeth Arden, is ‘n lieflike parfuum, baie gesofistikeerd en tog ook alledaags. Beslis nie vervelig nie! In die 1950’s was daar ‘n parfuum genaamd Intimate, deur Revlon. Dit was ‘n topverkoper en Violet Eyes herinner daaraan.
Wat het Elizabeth Taylor hieroor te sê?
Ek hou van blomgeure en wil hê Violet Eyes moet vroue mooi, gesofistikeerd en sensueel laat voel. Dit was 'n groot plesier om Violet Eyes te skep met geurnote waarvoor ek lief is, om elke aspek daarvan te verfyn. Alles, tot die kleinste detail, kom uit my hart en siel. Ek stuur hierdie geur die wêreld in met liefde...
- Foto van shoppingblog.com
Verwante artikels
-
Britney se nuutste parfuum: "Dit laat enige vrou op haar mooiste voel..."
SARIE Augustus 2010
Dis haar 9de parfuum op die rak en Radiance het klaar die wêreld aan die praat.
-
Dave Pepler blog: Die donker skaduwee van parfuum - Verbode vrugte
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Op ‘n hoogsomer-aand, na ‘n lang bad, het jy ‘n uur voor jou metgesel opdaag. Daar wag ‘n ete, miskien ‘n fliek en dan - wie-weet?
-
Dave Pepler se parfuumblog: "'n Tuberoos, is 'n tuberoos, is 'n tuberoos..."
SARIE September 2010
Reuke kan vet wees, of reuke kan maer wees. Suurlemoensap is maer en muskus is vet, byvoorbeeld. Die hemel weet waar ek aan hierdie aroma-klassifikasie kom, maar selfs as kind het reuk by my geregistreer as swaar of lig, groen of ryp, vet of maer.
-
Eat Pray Love–parfuum!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
As mense nóú van Eat, Pray, Love praat, moet daar gevra word: “Die boek, die rolprent of die parfuum?”
-
Elizabeth Taylor het gesê...
SARIE - Maart 2011
-
Elizabeth Taylor/Richard Burton-liefdesverhaal 'n fliek?
Die Oscar-bekroonde regisseur Martin Scorsese is die voorloper in die soeke na die régte regisseur om dié passievolle liefdesverhaal op film vas te lê.
-
Eva Longoria stel haar nuwe parfuum bekend
SARIE September 2010
Nou kan almal 'n bietjie van Eva dra.
-
Jimmy Choo: Eers skoene, nóú parfuum
SARIE - Oktober 2010
Bekende skoen- en bykomstighede-reeks, Jimmy Choo, gaan binne die volgende maand hul eerste parfuum aan die Amerikaanse media bekendstel.
-
Julle gunsteling parfuums
SARIE Augustus 2010
-
Mag jy in vrede rus Liz Taylor
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 6
-
Model Tanya van Graan se nuwe liefde
SARIE - November 2010
Aubrey Jonsson, 'n gereelde SARIE-fotograaf, en Tanya van Graan, aktrise, model en sangeres, is die afgelope vyf maande 'n paartjie.
-
Parfuumflieks
SARIE September 2010
Parfuum-advertensies word al hoe meer soos fliekproduksies benader – en hoe dan anders as wêreldbekende regisseurs verantwoordelik is vir die skep van die produksies.
-
Sjiek, ja
SARIE - November 2010
Die filmregisseur Sofia Coppola, dogter van die rolprentmaker Francis Ford Coppola, het by die 2010 Venesiese Filmfees opgedaag met 'n palmhandsak wat sy vir die Franse modehuis Louis Vuitton ontwerp het.
-
Tanya O'Connor blog: "Hoe ruik ek?"
SARIE - Oktober 2010
Die Liewe Vader weet vir wie hy kan gee en van wie hy kan neem!
-
VIDEO: Elma Postma in Hannon se parfuumadvertensie
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 5
Glam Guru, Hannon, het die pragtige Elma Postma, tans aanbieder van Boer Soek 'n Vrou, gekies as die gesig vir sy Hannon-parfuumreeks, Be Glam by Day en Be Glam by Night.
















Kommentaar