Goue meisie Charlize se skoonheidswenke
As sy haar geluk kon bottel, sou Suid-Afrika beslis een van die bestanddele wees, vertel die goue Charlize Theron. Hier deel sy háár skoonheidsgeheime eksklusief op sarie.com
Wat is jou skoonheidsritueel? Enige wenke?
Ek reinig my gesig soggens en saans en gebruik 'n vogroom met sonblok gedurende die dag. Onthou om jou vel altyd in die aand te reinig en te bevog.
Grimeer-rituele en -wenke?
Ek kry vir Shane Paish (grimeerkunstenaar van die sterre en grimeerkonsultant vir Dior) – dis my grootste grimeerwenk! Maar ek verwyder ook elke aand my grimering en gebruik dan Christian Dior L'Or De Vie La Crème.
Watter skoonheidsprodukte is absoluut noodsaaklik?
'n Goeie reiniger en sonblok. Ek probeer om my vel soveel moontlik te bevog.
Jou moet-hê-grimeerprodukte?
Dior Pressed Powder in medium, wat ook 'n sonblok het, en Dior 5 Eyeshadow in beige met natuurlike skakerings. 'n Goeie stel grimeerkwassies en lipsalf is ook 'n móét. Ek kan ook nie sonder 'n swart oogomlyner, 'n wimper-krultang en 'n verskeidenheid Dior Addict lipkleure nie. Verder gebruik ek enigiets en alles wat Shane vir my gee wat nuut is van Dior. Ek vertrou hom.
Hoe versorg jy jou hare?
Ek gebruik sjampoes en opknapper spesifiek vir blonde hare. Een keer per week sal ek my hare met 'n goeie behandeling vertroetel.
Jou gunsteling-massering?
Ek is mal oor masserings – 'n goeie Thaise een is my top-keuse.
Wat was die eerste skoonheidsproduk wat jy ooit gebruik het?
Lipglans met 'n kersiegeur.
Watter skoonheidslesse het jy by jou ma geleer?
My ma het alles wat sy weet vir my geleer, meestal oor hoe om mooi na my vel te kyk en gereeld sonblok te dra – dis veral 'n noodsaaklikheid in Suid-Afrika.
Wat is die grootste "skoonheidsonde" wat 'n mens kan pleeg?
Om in die son te lê. Moenie jou gesig in die son laat kom nie! En moet nooit jou sonblok vergeet nie. Daar is niks mooier as 'n gesonde vel nie.
Hoe voel jy oor plastiese chirurgie en Botoks?
Vir my is daar iets moois aan die verouderingsproses, maar ek weet ook dis iets wat moeilik in ons samelewing aanvaar word. Ek veroordeel nie mense wat kies om dié roete te volg nie. 'n Mens moet goed kan voel oor jouself.
Verwante artikels
-
Charlize los haar kêrel, Stuart Townsend
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
Charlize Theron en Stuart Townsend is uitmekaar. Hul verhouding was bestempel as een van die mees stabiele verhoudings in Hollywood, maar die romanse van 9 jaar is nou verby.
-
Charlize oor Dior J'adore
SARIE Januarie 2010
Charlize is al ses jaar lank die gesig van Christian Dior se “goue” parfuum, J’adore. Sy vertel oor haar 'liefdesverhouding' met dié geur.
-
Charlize Theron praat eksklusief met sarie.com
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 7
Sooooo sexy, maar sy hou nie van dié etiket nie. En Charlize Theron se grootste swakheid? Kos! Sy dink die hele tyd daaraan. In dié lekker onderhoud verklap sy ook wat sy wil doen as Hollywood haar nie meer wil hê nie ...
-
Goue Charlize: sarie.com is eksklusief op stel
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 37
Dior J'adore is vanjaar 10 jaar oud en Charlize, SA se goue meisie, is die gesig van dié topverkoper-parfuum. Kuier agter die skerms toe dié pragfoto's vir die advertensie geneem is.
-
Julia Roberts se beste skoonheidsraad
SARIE - Mei 2010
"Om jou wimpers te krul en jou wenkbroue gepluk te hou. Dit kan jou voorkoms dramaties verander. En wat van om net gelukkig te wees? Ek glo hoe jy oor jou lewe voel, gaan op jou gesig wys." - Julia Roberts, aktrise
-
Larry King: "Charlize Theron is die sexyste vrou met wie ek nóg 'n onderhoud gevoer het"
SARIE - Junie 2010
"Sy's 'n godin! En daai aksent. Sy is mooi van binne en buite, en dit kan 'n mens duidelik sien. En sy's sexy." Dit was Larry King se antwoord Saterdagaand op 'n vraag van Quentin Tarantino oor watter vrou met wie hy al 'n onderhoud gevoer het, hy dink die sexyste is.
-
SARIE, Charlize en sokker!
SARIE - Desember 2009
Op die Charlize-webtuiste, charlizeonline.com, word daar geskryf oor SARIE se treffende Januarie-uitgawe.
-
Tannie Evita en Charlize in Hollywood
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 3
Charlize Theron, Benoni se Oscar-wenner, lang verlore susterskind van Tannie Evita Bezuidenhout (Pieter-Dirk Uys) is verlede week in Hollywood herenig.





















Kommentaar