Julia Roberts sê nee vir Botox!
Sy's 42 en die nuwe gesig van die skoonheidshuis Lancôme.
"Ag, ja. As ek maar soos sy gelyk het, sou ek ook maklik nee kon sê!"
Julia Roberts het sekerlik al die geld in die wêreld, 'n loopbaan wat érg op die uiterlike ingestel is en was op People 2010 se Most Beautiful-uitgawe. Waarom sal sy dan nie daaraan wil vashou nie?
Julia sê dit soos dit is aan die tydskrif Elle: "Ek wil hê my kinders moet weet wanneer ek moerig is, wanneer ek gelukkig is en wanneer ek verward is." Sy sê 'n mens se gesig vertel 'n storie, en dit behoort nie die een oor jou besoek aan die doktor se spreekkamer te wees nie.
"Dis jammer dat ons in so 'n angstige, dismorfiese samelewing woon waar vroue hulself nie eens die kans gee om te sien hoe hulle as ouer mense sal lyk nie. Ek wil 'n idee hê van hoe ek sal lyk voor ek die lei skoonmaak." (Bron: www.people.com)
Sy's 42 en die nuwe gesig van die skoonheidshuis Lancôme.
Celebs word gereeld so opgehemel dat 'n mens amper vergeet dat hulle ook gewone mense is soos ek en jy. Supermodel Cindy Crawford sê "ek het ook selluliet". Sy vertel ook op die Hollyscoop-webblad dat Botox haar 'n bietjie bang maak.
Hoe lyk celebs sonder Photoshop, of modelle sonder grimering?

Verwante artikels
-
Eat Pray Love–parfuum!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
As mense nóú van Eat, Pray, Love praat, moet daar gevra word: “Die boek, die rolprent of die parfuum?”
-
Eat, Pray, Love se voorprent met Julia Roberts - Kyk die video
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
Elizabeth Gilbert se memoires Eat, Pray, Love het soos 'n veldbrand tussen ywerige lesers regoor die wêreld versprei en nou is dit 'n fliek. Hier's die voorprent.
-
Jessica Simpson kies gewone vroue as modelle vir haar nuwe klerereeks
SARIE September 2010
Ons word elke dag gebombardeer met foto's van modelle en celebs wat "opgeknap" is. En hul grootte is NUL. (Is "nul" ooit 'n klere-grootte?)
-
Julia Roberts die nuwe gesig van Lancôme
SARIE Januarie 2010
Die skoonheidsreus Lancôme het pas aangekondig dat aktrise Julia Roberts hul nuwe internasionale ambassadeur vir 2010 is. Want as dit kom by mooi, wat meer wil jy hê as die oorspronklike Pretty Woman.
-
Julia Roberts oor haar hoofrol in Eat Pray Love
SARIE - Oktober 2010
-
Julia Roberts se mooiste foto's vir 'Eat, Pray, Love' - sy praat oor Botox
SARIE September 2010 | Kommentaar: 4
Julia Roberts is op die September-voorblad van ELLE-tydskrif (internasionaal). Hiervoor is Eat, Pray, Love-geïnspireerde foto's geskiet. Kyk net die foto's!
-
Julia Roberts: Om te eet, bid of lief te hê
-
Kan botox ook jou depressie wegspuit?
SARIE - Januarie 2011
Vroue frons nie meer oor Botox nie – solank daardie plooie verdwyn. Maar dalk laat dit ons ook beter voel, régtig beter!
-
Steve Hofmeyr oor die fliek Eat, Pray, Love
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Wat het Steve van Julia Roberts se nuutste fliek gedink...
-
Verbeter jou bui sonder Botox
SARIE - Januarie 2011


















Kommentaar