Kate Moss se nuwe parfuum
Die supermodel Kate Moss praat graag in onderhoude oor die verleidelike krag van rokerige ooggrimering.
Nou smeul sy opnuut met donker oë én naels - 'n voorkoms wat tans 'n móét is vir die aand - in advertensies vir haar nuwe parfuum, Kate Moss Velvet Hour. Dié stylikoon inspireer ons weer met haar aanloklike vintage-voorkoms.
Met dié geur wil Kate vroue 'n oomblik van sensualiteit en verleiding laat beleef: "Hierdie geur roep die spesiale oomblik op wanneer die son pas gesak het en dit voel of jy toegedraai word in fluweel. Ek is mal oor dié tyd van die dag - dis baie sexy en sensueel, vol belofte," sê Kate.
Hout- en blomnote skep 'n unieke geurkombinasie in Kate Moss Velvet Hour, en die vintage-ontwerp van die bottel is geïnspireer deur Kate se unieke klerestyl. Die geur is vanaf Februarie 2009 te kry teen R295 vir 30 ml EDP.
Verwante artikels
-
Eau de Sisley-parfuums
SARIE - Mei 2009
“Parfuum is kuns,” sê Philippe D’Ornano, algemene bestuurder van skoonheidshuis Sisley.
-
Kate Moss - 20 jaar 'n supermodel
SARIE - Februarie 2010
Kate Moss - 'n super-supermodel (al vir 62% van haar lewe!). Tog het sy besluit om nooit 'n filmster, rock-ster of die presidentsvrou te word nie.
-
Kate Moss in 'n ballet saam met Mikhail Baryshnikov
SARIE Maart 2010
As jy gedink het jy't als gesien ... Supermodel Kate Moss is eersdaags saam met die wêreldbekende balletdanser Mikhail Baryshnikov (wat ook Carrie Bradshaw se kêrel, Aleksandr Pertrovsky, in Sex and the City vertolk het) in 'n ballet-kortfilm, glo genaamd Baryshnimoss.





















Kommentaar