Kleur jou naels vir woema
Essie is passievol oor naels!
Essie Weingarten, die Amerikaner wat die handelsnaam Essie 29 jaar gelede geskep het, het SA onlangs besoek en verduidelik hoekom sy so passievol oor hande en naels is: "Jou hande verklap soveel van jou en dit is waar mense kyk wanneer jy met hulle praat – hulle kyk na jou oë en na jou hande.
"Jou hande is ongelukkig ook een van die eerste sondaars wat jou ouderdom verklap," waarsku sy.
Essie beveel aan dat jy elke dag sonbrandroom op jou hande sit vir beskerming.
Sy het ook pas 'n 4-stap-behandeling bekend gestel, wat hande sal voed en ouderdomsvlekke sal verminder. "Dis nodig om produkte op jou hande te gebruik wat intens voed en bevog. Vitamiene A en C en dropekstrak is ideaal hiervoor."
Essie glo dat jou hande selfs nuwe lewe in jou klerekas kan blaas. "As jou hande goed versorg is en jy gebruik 'n naelkleur wat jou laat goed voel, is dit soos om 'n nuwe uitrusting aan te trek. Dit sal selfs jou bestaande klere anders laat lyk en nuwe kombinasies in jou klerekas inspireer wat by jou naelkleur pas."
- Foto van Phyllis Green
Verwante artikels
-
Herfs op jou naels
SARIE Maart 2010
Die nuutste grimeerreeks deur Chanel se Peter Philips is geïnspireer deur foto-afdrukke wat Coco Chanel agtergelaat het.
-
Pers naels vir die lente
SARIE Augustus 2010
'n Vinnige en prettige manier om uit jou winterkokon te ontwaak is met 'n opwindende naelkleur - dis vinnig, maklik en goedkoop.
-
Wit naels
SARIE - Oktober 2009
Chanel se wêreldwye kreatiewe direkteur, Peter Philips, boots die kleure van Venesië na in sy jongste grimeerreeks.
















Kommentaar