Die nuwe sexy
Linda O’Connell, grimeerkunstenaar vir Maybelline NY in Suid-Afrika, glo die X-faktor kan ook uit 'n bottel kom.
Watter grimering is nou sexy en hoekom?
Nudes word oral gesien. Ook helder lipkleure – enigiets sitrus soos helder nartjie tot bessiekleure soos diep kersierooi. Lipglans maak ook 'n groot terugkeer – en dis maklik om aan te wend. Oogomlyner is steeds 'n staatmaker en hierdie seisoen word 'n diep donkerblou gebruik en oë word katvormig met oogskadu ingekleur.
Wat is altyd aanloklik?
Rokerige oë. Jy trek mense in 'n gesprek in met jou oë, so dis reeds 'n sensuele bate. Die ekstra donkerte skep net daardie "kom-hier"-voorkoms.
Wat is jou grimeergeheime om vinnig sexy te lyk?
1. 'n Nuwe haarstyl – dit hoef nie eens dramaties te wees nie, dalk net 'n varser kleur of 'n bietjie tekstuur. 'n Klein verandering kan 'n groot verskil maak.
2. 'n Foutlose vel is altyd begeerlik. Dit kan jou dadelik vyf jaar jonger laat lyk, so onderlaag is onmisbaar.
3. Dis ook maklik om in 'n groef te verval wanneer dit kom by die gebruik van kleur. Ons is geleer dat jy 'n "seisoen" is, soos "herfs", en dat net daardie kleure by jou gaan pas. Dís nou laas seisoen! Belê in 'n kleur wat jy nog nie op die proef gestel het nie – jy sal verras wees.
4. Mooi, donker wimpers het altyd 'n impak en laat jou oë wakker en uitgerus lyk.
- Foto van Verskaf, Rodger February
Verwante artikels
-
Christina Aguilera se sexy jaar!
SARIE Augustus 2010
Van pop-ikoon tot parfuum-koningin: Christina Aguilera het pas haar nuwe parfuum, Christina Aguilera Royal Desire, bekendgestel.
-
Gratis bylae: Mode en skoonheid se seisoentreffers
SARIE Oktober 2011
Kry jou gratis mode- en skoonheidsbylae saam met jou Oktober-uitgawe van SARIE. Ons verklap al die moet-hê's vir somer!
-
Guess-model Candice Boucher verklap: Sexy is...
Top Suid-Afrikaanse model, Candice Boucher, verklap wat haar daardie sensasie laat ervaar.
-
Sexy grimeergeheime, 'n kenner sê
SARIE - Oktober 2010
-
Sexy oë en 'n pruilmond
SARIE - Desember 2009
Die einde van die jaar is hier – partytjietyd! Die grimeerkunstenaar Liz van der Merwe vertel hoe jy dié vakansie op jou mooiste kan lyk vir die groot feesviering.
-
Vir sexy lippe
SARIE - Junie 2010
Gucci Westman help nie net Hollywood se bekendste vroue om op hul beste te lyk nie – sedert April 2008 is sy ook Revlon se wêreldwye kunsdirekteur.


















Kommentaar