Miley Cyrus se nuwe haarstyl
Foto’s: @MileyCyrus op twitter.com Galery
Miley Cyrus het wéér gedoen wat sy beloof het om nooit weer te doen nie! Sy't haar Twitter-aanhangers se mening gevra . . . dié keer oor haar nuwe haarstyl.
Sowat twee en 'n half jaar gelede het Miley (19) dié sosialemedia-platform vaarwel toegeroep omdat sy nie meer haar lewe aanlyn wou leef en voortdurend die menings van haar meer as 4,8 miljoen Twitter-aanhangers wou hê nie.
Op 12 Februarie vanjaar het sy weer hul mening gevra – dié keer oor haar nuwe korter, gladde bob-haarstyl. Maar dit wil voorkom of hulle steeds verlief is op haar lang lokke, hoewel Miley self gek is daaroor. Sy beskryf dit as "bevrydend". Ons dink sy lyk nogal gesofistikeerd. Wat dink jy?
Verwante artikels
-
Bekendes se nuwe haarstyle
SARIE Desember 2011
Dit is die seisoen van verandering in Hollywood, veral as dit by haarstyle kom. Is jy ook lus vir 'n nuwe voorkoms?
-
Internasionale haarkapper deel lekker haar-geheime
SARIE Februarie 2012 | Kommentaar: 1
Die bekende Britse haarkapper Lee Stafford was onlangs in SA om sy nuwe reeks haarprodukte bekend te stel. Hy deel van sy geheime.
-
Michelle Williams se nuwe rooi kapsel
SARIE Januarie 2012
Daar word gewoonlik gesê dat blondines meer pret het, maar die aktrise Michelle Williams het besluit om haar blonde hare na ’n koperkleurige rooi te kleur!
















Kommentaar