Minki Visser se skoonheidsgeheime

SARIE - September 2009

Wimpers met woema vir Minki!

“Wanneer ek nie lus is om te grimeer nie gebruik ek net Estée Lauder se TurboLash Mascara (R365). Dit maak my wimpers só lank dit raak byna aan my wenkbroue!

“Verder glo ek ook in M.A.C Strobe Cream (R275). Elke grimeerkunstenaar saam met wie ek werk, gebruik dit. Ek drink ook baie water en vitamien C en omega 3-aanvullings om my vel jonk te hou.”


Verwante artikels

Kommentaar

  • Tienie, skakel gerus vir Brigid van MAC by 011 516 3036 - sy sal vir jou verduidelik waar jou naaste MAC-tak is. Groete, Mariska.

    14de Sep. 2009, 12:27
  • Minki is pragtig en dankie dat sy haar skoonheidsgeheime met ons deel. Graag wil en net weet waar ons die M.A.C Strome cream kan koop. Ek woon in die Durbanville area.

    10de Sep. 2009, 16:23
  • Minki is regtig pragtig en daarby ook nog 'n oulike aanbieder . Ek dink 'n mooi vel begin by versorging as jy nog jonk is. Dit help nie om te wag tot ons 50 is en dan wonder ons wat nou nie. Maar nou ja as mens eers daar is, is daar wel baie goeie produkte, wat ongelukkig 'n paar rand uit jou sak sal jaag. Ek self gebruik Justine produkte vir 25 jaar en kon nie altyd die spesiale produkte bekostig nie, maar het gesorg dat ek die basiese velsorg elke oggend en aand doen. Dit het gehelp dat ek vandag (52) met 'n baie jonger vel geseën is. Nou kan ek ook die spesiale produkte bekostig om daardie ekstra aandag te gee. Begin dus jonk !!!!!!!!

    8ste Sep. 2009, 15:22
  • Minki is pragtig (maar nog jonk!) - as jy eers my ouderdom bereik het.... (55jr), wat doen mens dan met die vlekke/plooie sonder om onder deur die mes deur te loop???Ek gaan maar Strobe Cream koop.. hopelik kan dit red wat nog te redde is..

    8ste Sep. 2009, 12:16