Model en gewese Mej. SA Claudia Henkel verklap
Wat is haar skoonheidsgeheime?
“Moenie te veel onderlaag gebruik nie – dit gee jou vel kans om te gloei,” sê Claudia.
“My geheime wapen is Prevage MD (R870, by apteke). Dit gee jou vel 'n somergloed, het teenverouderingsvoordele en bevog. Ek is ook mal oor TLC Facial & Eye Daily Cleansing Make-up Remover Wipes (R29,99). Dit verwyder grimering maklik en vinnig.”
Aliki Price, handelsmerkwoordvoerder van Estée Lauder, deel 3 van haar jonkbly-geheime:
1. Skilfer af: Droë lippe kan jare by jou voorkoms voeg, so sorg dat jy een keer 'n week jou lippe afskilfer. Hidreer hulle daarna met 'n lipsalf – dit sal hulle voller laat lyk.
2. Verbloem: As die hoekies van jou mond afwaarts wys, kan jy 'n “glimlag op jou gesig sit” met verbloemer om die hoekies. Dit sal die skaduwees versteek en die afwaartse hoekies minder sigbaar maak.
3. Herdefinieer: Gee definisie aan jou beenstruktuur met 'n bietjie verbronser op jou wangbene en nog 'n tikkie vanaf die binnehoekies van jou oë, gevee na die brug van jou neus.
Verwante artikels
-
5 grimeerwenke om te onthou
SARIE - Augustus 2009
Aliki Price, handelsmerkwoordvoerder vir Estée Lauder, deel 5 van haar grimering-pêrels vir droomvel.
-
Anri van der Linde se skoonheidswenke
SARIE - Oktober 2009
Só bly Anri mooi.
-
Die beste modelle van alle tye
SARIE - Desember 2009
Die glanstydskrif Harper's Bazaar het die beste modelle van alle tye geïdentifiseer.
-
Mej. Heelal 2010: Mexiko wen, SA se Nicole Flint 10de uit 85 deelnemers
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Die wêreld se mooiste vrou is aangewys. Jimena Navarrete (22) van Guadalajara, Mexiko, is gisteraand in die Mandalay Bay Hotel in Las Vegas gekroon. Ons eie Mej. SA het 10de geëindig.
-
Minki Visser se skoonheidsgeheime
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 4
Wimpers met woema vir Minki!
-
Model en Survivor-deelnemer, Jacinda Louw, se skoonheidswenke
SARIE - September 2009
Groentee elke dag!
-
Só lyk top-modelle sonder grimering
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 1
Hulle is beeldskoon: vlekkelose vel, mooi wangbene, donker oë en volronde lippe. Hulle is top-modelle, en daar's 'n rede waarom hulle op al wat 'n loopplank is, pronk.
-
Tammy-Anne Fortuin se skoonheidswenke
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 2
Model en TV-aanbieder Tammy-Anne Fortuin, deel haar geheime.
















Kommentaar