Nuwe gesigte vir Estée Lauder
Die skoonheidshuis Estée Lauder het pas twee splinternuwe gesigte vir hul advertensieveldtogte aangekondig.
Die Franse model Constance Jablonski en die Chinese model Liu Wen, tans twee van die modewêreld se grootste sterre.
Hulle sluit aan by die mooi geselskap van Estée Lauder se bestaande gesigte: Hilary Rhoda, Carolyn Murphy, Elizabeth Hurley en Gwyneth Paltrow.
Interessant is dit is die eerste keer dat Estée Lauder modelle van Frankryk en China vir hul veldtogte kies. Karen Graham, Willow Bay, Carolyn Murphy, Gwyneth Paltrow en Hilary Rhoda is almal van Amerika; Elizabeth Hurley van Brittanje; Paulina Porizkova van die Tsjeggiese Republiek; Anja Rubik van Pole en Liya Kebede van Ethiopië.
In reaksie hierop het Aerin Lauder, senior vise-president en kreatiewe direkteur van Estée Lauder, gesê: "Estée Lauder het nog altyd gesoek na skoonhede wat ‘n generasie definieer."
■ Wees op die uitkyk vir hulle in advertensie-veldtogte vanaf Junie 2010.
Verwante artikels
-
Estée Lauder se 'familie' brei weer uit!
SARIE - Januarie 2011
Estée Lauder se 'familie' word al groter met die aansluiting van 'n nuwe gesig by die modelle wat hul produkreeks adverteer.
-
Jonger oë - jonger jy!
SARIE Augustus 2010
3 maklike stappe na varser, jonger oë.
-
Kyk waar kuier Michélle van Breda, SARIE-redakteur!
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 3
Sy neem ons saam op 'n spesiale kuiertjie in die Hamptons buite New York.
-
Shanghai vat 'n hap uit Apple
SARIE Julie 2010
Die moderne weergawe van ‘n grot: Apple se nuwe ondergrondse winkel in Shanghai.


















Kommentaar