Rafael Nadal - die gesig van Lanvin se nuwe mansgeur

SARIE - September 2009

Die Franse modehuis Lanvin het besluit om die geur van tennis in die lug te spuit.

En wie beter om die parfuum te dra as die Spaanse tennisster Rafael Nadal.

Die geur is manlik en sportief, met botone van sitrus en Italiaanse bergamot. Die hart ruik na laventel en salie, en die ondertone na patsjoelie, mos en muskus. R595 vir 50 ml by uitsoektakke van Edgars landwyd.

Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction