Rokerige oë 'n wenner by die 2011 Emmy-toekennings
Foto’s: Getty Images Galery
By vandeesweek se 2011 Emmy-toekenningsgeleentheid was daar een besliste grimeerwenner op die rooi tapyt: die rokerige oog!
Kyk na ons drie gunsteling-voorkomste:
![]() |
'n Rokerige oog met 'n naakkleur (nude) lip plaas die fokus op Nina Dobrev (The Vampire Diaries) se pragtige bruin oë. Haar hare is met 'n kantpaadjie los na een kant toe gedra vir ’n sjiek en glansryke voorkoms. |
![]() |
Natuurlik is in! Cat Deeley (So You Think You Can Dance) het gewys 'n vars voorkoms kan net so goed werk op die rooi tapyt met 'n naakkleur (nude) lipglans, baie maskara en sagte krulle. |
![]() |
Nóg 'n gunsteling-voorkoms was om die rokerige oog by ligpienk lippe te dra, soos Kelly Macdonald (Boardwalk Empire). Sy het dit met ’n sagte opkam-haarstyl afgerond. |
Verwante artikels
-
Ons gunstelinge by die 2011 Emmy Toekennings
SARIE September 2011
Die modespan hier by SARIE is noukeurig deur al die rokke wat gisteraand op die rooi tapyt verskyn het en dié was ons Emmy-gunstelinge.






















Kommentaar