Satyn-lippe en 'n vel wat gloei

Deur Mariska van Rooyen, SARIE - Desember 2009

"Sterk bessie- en selfs sitruskleurige lippe is groot nuus hierdie somer," sê grimeerkunstenaar Liz van der Merwe.

 

 "Die tekstuur is satyn. Dis nie heeltemal 'n lipglans nie, net 'n bietjie vogtigheid op die lippe – byna asof jy hulle afgelek het en reg is vir 'n soen!

"Die kollig val steeds op 'n gesonde vel, een wat gloei. Skep hierdie voorkoms met onderlaag oor jou hele gesig en poeier slegs oor die middel van jou gesig: jou ken, neus en die middel van jou voorkop. Dit hou die dele waar jy die meeste sweet mat, terwyl die res van jou gesig natuurlik kan gloei."

Hier is die moet-hê-items:

 

Revlon Matte Lipstick
Probeer Revlon Matte-lipstif in Fabulous Fig
(R95) vir woema-lippe.
M.A.C. Studio Sculpt Foundation SPF 15

Foutlose vel met M.A.C
Studio Sculpt Foundation
SPF 15 (R260).

Chanel Levres Scintilantes

Gee jou lippe glans met
Chanel Levres Scintillantes
in Silex (R280).

Verhelder jou gelaat met
Givenchy se Le
Prismissime Visage Mat &
Glow in Light Silk (R520).

 

Verwante artikels

Galery

  • Satyn-lippe en 'n vel wat gloei
  • Revlon Matte-lipstif
  • M.A.C. Studio Sculpt Foundation SPF 15
  • Chanel Levres Scintilantes
  • sr0912skoonheid_13_.jpg

Kommentaar