Sexy oë en 'n pruilmond

Deur Mariska van Rooyen, SARIE - Desember 2009

Die einde van die jaar is hier – partytjietyd! Die grimeerkunstenaar Liz van der Merwe vertel hoe jy dié vakansie op jou mooiste kan lyk vir die groot feesviering.

"Verleng jou oë met 'n subtiele katoog," sê Liz. "Jy kan die oog na buite definieer met grys oogskadu, terwyl 'n bietjie silwer oogskadu in die binneste hoeke van jou oë varsheid gee.  

Poeier bo-oor jou bessiepienk lipstiffie (net in die hoeke van jou mond) skep die idee van 'n pruilmond en plaas die klem op die volste deel van jou lippe."

Lancôme Ombre Absolue Palette L’Oréal RevitaLift Day Cream Anti-Wrinkle + Firming

Vir 'n sagte kat-oog, kies Lancôme Ombre Absolue
Palette in Intemporel Smoky (R420).

Hou vel glad met L'Oréal RevitaLift Day Cream
Anti-Wrinkle + Firming (R175).


Estée Lauder Double Wear Stay-in-Place Lipstick Yardley Spoil Me

Kleur vir jou pruilmond met Estée Lauder Double
Wear Stay-in-Place Lipstick in Stay Pinkberry (R235).


Kry alles in een met Yardley Spoil Me (R99,95)
se kleurpalet vir oë, lippe en wange.

Verwante artikels

Galery

  • Sexy!
  • Lancôme Ombre Absolue Palette
  • Yardley Spoil Me
  • L’Oréal RevitaLift Day Cream Anti-Wrinkle + Firming
  • Estée Lauder Double Wear Stay-in-Place Lipstick

Kommentaar