Skoonheidsnuus
4 skoonheidswenke vir elke vrou
1. Nuwe liggaam en gees
Eers was dit die room wat die skoonheidswêreld gaande gehad het.

En nou: die behandeling. Crème de la Mer is lank reeds beroemd as ’n kultusroom. By die nuwe spa La Mer Retreat in Stuttafords, Sandton word 4 verskillende behandelings vir jou gesig en lyf aangebied, en polariteit-terapie word gebruik om jou verstand en liggaam te vernuwe.
2. Jo Malone is hier!
Die Britse leefstylwinkel Jo Malone het einde Oktober verlede jaar sy deure in Hyde Park, Johannesburg, oopgemaak.

Die dekor herinner aan die eerste Jo Malone-winkel wat meer as ’n dekade gelede in Londen oopgemaak het, met biblioteekstyl-rakke, ikoniese geskenkbokse en reukwater met spesery-, kruie- en blomgeure.
3. Rooskleurige lippe
“Lipglans is dié somer ’n moet-hê-produk,” sê grimeerkunstenaar Deirdre Holtzer. “Dis maklik, want dit hoef nie perfek te lyk nie. Pienk is dié keuse - dis opgewek en vlei die meeste velle.”

Kies ’n skakering wat jou sak en smaak pas: Revlon Lipgloss in Pink Pop, DiorKiss Luscious Lip-Plumping Gloss in Berry Smoothie, Kangol Lip Pout in Love Scene of Lancôme Color Fever Gloss in City Pink.
4. Droomgeure
Patrick Dempsey, of “McDreamy” soos hy in Grey’s Anatomy bekend staan, het pas sy eie geur bekend gestel saam met die skoonheidshuis Avon. Patrick Dempsey Unscripted se trefreël is: “Volg jou passie.” Dís Patrick se visie van die lewe, want hy glo elke mens behoort gedurig aan sy eie lewensdraaiboek te skryf. Die Franse modeontwerper Christian Lacroix het ook vir Avon ’n nuwe parfuum geskep.

En om te pas by sy oorspronklike modeontwerpe spog Christian Lacroix Rouge met ’n eiesoortige geur van patsjoelie-hartnote gekombineer met Spaanse angeliere en witpeper. ‘Christian Lacroix het nog nooit die mode slaafs nagevolg nie. Hy was nog altyd op die grens, effe eksentriek - nes die meeste groot meesters,’ vertel neigingsanalis Dion Chang oor dié ontwerper se nuwe parfuum.





















Kommentaar