Lancôme se nuwe grimeerkunstenaar

Deur Mariska van Rooyen, SARIE - Februarie 2010

Waag in 2010 en eksperimenteer met jou grimeervoorkoms.

Ontmoet Lancôme se nuwe grimeerkunstenaar!

Andrew James deel sy twee grootste grimeergeheime met ons:

1 Gebruik ’n aksentkleur (’n ligte ivoorkleur, room of poeier) oor jou voorkop, net onder jou wenkbroue, in die binneste ooghoekies en tussen jou oë en wangbene om jou gesig blitsig ’n "ontrimpeling" te gee.

2 Vir ’n nude-lip-effek, gebruik ’n lipkleur so na moontlik aan jou natuurlike lipkleur. Skep ’n driedimensionele voorkoms deur lipglans in dieselfde kleur in die middel van jou lippe aan te wend met jou vinger.

Kommentaar

Web Development by FormFunction