Stap-vir-stap: Mooi lippe

Deur Mariska van Rooyen, SARIE - Oktober 2010

Stap-vir-stap: Mooi lippe Foto’s: Phyllis Green Galery

Beklemtoon jou lippe se sensualiteit met net genoeg lipkleur om die oog te tref

Mariska gee wenke:
Vind die regte kleur

  • Vaal lippe sal mooi lyk in pastelkleure soos 'n dowwe pienk of ligte beige. Dieper kleure kan maklik te donker vertoon op vaal lippe, so wend dit spaarsaam aan as jy 'n donkerder kleur verkies.
  • Donker lippe lyk die beste met 'n lipkleur met 'n blou ondertoon. Vaal kleure kan maklik grys op donker lippe vertoon.
  • As jou lippe se kleur onegalig is, kies 'n kleur na aan die donkerste dele as 'n basis en volg met die lipkleur van jou keuse.
’n Lipsalf is noodsaaklik, want dit laat jou lippe
dadelik voller en vogtig lyk. Wend dit met ’n
kwassie of met jou vinger aan.
Kies nou ’n kleur wat taamlik na aan jou eie
natuurlike
kleur is (so een tot drie skakerings donkerder),
maar maak seker dat die kleur dadelik jou hele
gesig verhelder.
Kleur jou hele lip in met ’n kwassie
(jou vinger kan hier ook werk).
Begin in die hoek van die mond en volg jou
natuurlike liplyn.
Wend hierna ’n lipomlyner in dieselfde skakering
as die lipkleur om die buitenste rand van jou lippe aan.
Dit gee jou lippe ekstra definisie,
sonder om dit strak of onnatuurlik te laat lyk.
 

Eindig met ’n lipglans oor die hele lip,
maar gebruik dit spaarsaam. Te veel kan maklik
plastiekerig lyk. Jy kan ook die lipglans net in die
middel van jou lippe (bo en onder) aantik. Dit gee volheid.
 
  • Foto van Phyllis Green

Verwante artikels

  • 'n Spierwit glimlag: Is metaalstopsels se dae getel?

    'n Spierwit glimlag: Is metaalstopsels se dae getel?

    SARIE - November 2010

    Metaalstopsels se risiko word nou as matig geklas- sifiseer en nie meer as laag nie, het die Amerikaanse Food and Drug Adminis- tration (FDA) verlede jaar aangekondig. Wat beteken dit vir jou?

  • 'n Witgoud-lipjuweel

    'n Witgoud-lipjuweel

    Is dit ʼn spieëlkissie? ʼn Juweel? Of dalk ʼn lipstiffie? Rouge G De Guerlain (R515) bied jou alles in een! Die silwerjuweel-verpakking is deur die wêreldbekende juwelier Lorenz Bäumer ontwerp en is met witgoud – ja, sowaar! – bedek. Maar wat...

  • Julia Roberts se hare en lippe

    Julia Roberts se hare en lippe

    SARIE - Mei 2010

    Jy hoef nie 'n Hollywood-ster te wees om Oscar-mooi te lyk nie!

  • Pienk lippetaal

    Pienk lippetaal

    SARIE - April 2009

    Ons hou baie van dié seisoen se pienke vir jou lippe.

  • Satyn-lippe en 'n vel wat gloei

    Satyn-lippe en 'n vel wat gloei

    SARIE - Desember 2009

    "Sterk bessie- en selfs sitruskleurige lippe is groot nuus hierdie somer," sê grimeerkunstenaar Liz van der Merwe.

     

  • Vir sexy lippe

    Vir sexy lippe

    SARIE - Junie 2010

    Gucci Westman help nie net Hollywood se bekendste vroue om op hul beste te lyk nie – sedert April 2008 is sy ook Revlon se wêreldwye kunsdirekteur.

Galery

  • Stap 1 - lipsalf is noodsaaklik
  • Stap 2 - kies 'n kleur
  • Stap 3 - kleur jou lip met 'n kwassie
  • Stap 4 - wend lipomlyner aan
  • Stap 5 - eindig met lipglans
  • Grimeerkunstenaar Dené & model Nerina

Kommentaar