The Good Wife-aktrise nuwe gesig van L'Oréal

SARIE September 2010

Julianna Margulies, Emmy-wenner vir haar rol in die treffer-TV-reeks The Good Wife, is pas aangewys as die nuwe gesig van skoonheidshuis, L'Oréal Paris se teenverouderingsvelsorgreeks, RevitaLift.

Sy deel dié eer met 'veterane' soos Andie MacDowell en Penélope Cruz. Volgens www.people.com het dié 44-jarige aktrise nog altyd haar vel as haar beste skoonheidsbate beskou. "Ek het ook nog altyd my vel uit die son gehou." Om elke dag op haar beste te lyk ondanks 'n 13 uurlange werkdag, moet sy 'n baie gedissiplineerde skoonheidsroetine volg.

Julianna het haar groot TV-deurbraak gehad in die trefferreeks, ER, teenoor die jonge George Clooney. Hiervoor het sy ook 'n Emmy-toekenning losgeslaan.

Dié nuwe L'Oréal-advertensieveldtog sal in 2011 in tydskrifte en op TV gesien kan word.

Verwante artikels

Kommentaar