Winter-skoonheid 2010: Stralerjakker-styl

Deur Mariska van Rooyen, SARIE - Mei 2010

Die nuutste skoonheidstrends van regoor die wêreld. Reis saam deur op die verskillende wêreldstede te klik.

Ons almal droom oor reis, en dis dikwels wanneer ons ’n nuwe, vreemde plek beleef dat ons iets nuuts oor onsself leer. Daarom gaan ons met hierdie bylae op ’n reis na vier lande om die heel beste raad te kry oor velsorg, grimering en parfuum.

Parys neem ons op ’n reis deur die nuutste Franse geure en Londen verklap skoonheidgeheime van Britse modelle soos die 60’s se Twiggy en die 90’s se Kate Moss.

Ons vind in ’n New York-minuut ’n nommerpas-onderlaag en leer dat delikate Oosterse velle in Tokio die perfekte leerskool is vir velbehandelings.

Maak jou gordel vas, sit terug en mag jy veilig – en pragtig – reis!


Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction