FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie: Annelie Strydom (41): ‘Ek kon nie glo dat ek so mooi lyk nie’

Annelie Strydom werk by Essies Tee in Riversdal. Sy het onlangs gewig verloor en het nie meer geweet hoe om aan te trek nie. Dié mooimaaksessie is net wat sy nodig gehad het! 

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Annelie? 

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het

Smart casual. Ek sal definitief in die toekoms meer deftig aantrek.

Hoe het jy die moomaaksessie ervaar?

Dit het daardie oggend gevoel asof die hele wêreld stilstaan en dat ek die heel belangrikste persoon op aarde is.

Wat was jou vriende/familie se reaksie?

My kind het gesê: “Ek het nie geweet Mamma is so mooi nie.” My man het my met glinsterende oë dopgehou.

Hoe maklik is dit om die nuwe styl vol te hou?

Ek gaan my hare meer krul en ek het al selfs ’n smokey eye werk toe gedra.

Wat het die mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Ek sal vir seker meer foto’s van my laat neem, want ek het altyd geglo ek is te vet vir foto’s.

Wat sê die mooimaakspan? 

Leverne

Annelie het die mooiste donkerbruin oë! Haar oë is met ’n donker rokerige effek beklemtoon deur die gebruik van swart en donkerbruin oogskadu. Lipglans met ’n perske ondertoon het haar grimering perfek afgerond. Ek het haar hare met groot krulle stileer, wat die hele voorkoms afrond. Sy was prentjiemooi.

Stilis

Omdat die winter om die draai is, het ons besluit om vir Annelie in skakerings van grys en swart te klee. Kunspels is een van dié seisoen se warm trends, daarom het ons by die vlootblou oorvourok ’n kraag gekies wat die uitrusting mooi afrond. By die roomkleurige toppie (hooffoto) is dié stof ook gebruik. Dit is prakties én stylvol.

Veronique

Annelie is ’n pragtige mens, maar sy was baie bang dat sy oorgewig gaan lyk op die foto’s. Wanneer sy vanuit die regte hoek afgeneem word en die regte uitrustings en grimering het, sal sy gou agterkom dat sy absoluut pragtig lyk.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle direk by 079 737 7397 / info@glamourmakeovers.co.za

mooimaakspan