FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie: Annemè van Zyl (30) – ‘Dit het beslis vir my baie meer selfvertroue gegee’

Annemè van Zyl, ’n dokter van Worcester, se man het dié mooimaaksessie vir haar as geskenk gegee. Die paartjie was in hul skik met dié glansryke transformasie.

Annemè se voor- en ná-foto

FOTO: Jacolet Odendaal

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Annemè?

Beskryf jou klerestyl.

Ek hou van eenvoudige, klassieke klere: Less is more.

Hoe het jy die mooimaaksessie ervaar?

Dit was ’n baie lekker ondervinding. Almal was vriendelik en het my sommer baie op my gemak laat voel.

Sal jy dit vir jou vriendinne aanbeveel?

Ja, beslis.

Wat het die mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Dit het beslis vir my baie meer selfvertroue gegee.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Annemè het die mooiste bruin oë wat perfek geraam word deur haar donker wenkbroue. Die donker kringe onder haar oë is met ’n colour corrector verbloem. Hierdie area is verder gelig met ’n onderlaag in ’n ligter skakering. Dit gee vir haar ’n vars voorkoms. Daarna is vals wimpers aangesit om haar oë verder te beklemtoon. Annemè se voorkoms is afgerond met ’n sagte blos en bypassende lipstiffie.

Elaine, stilis

Glansryk. Dié een woord som Annemè se transformasie op. Ons het skakerings van goud, room en swart gebruik. Die goue trui en goue armband het pragtig by haar donker hare gelyk, en die swart rok het gesorg vir ’n tydlose voorkoms.

Veronique Mills – fotograaf

Almal is maar skrikkerig om voor die kamera te poseer, maar Annemè was sommer gou op haar gemak.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

0J7A3162-1

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat hierdie mooimaaksessie spesiaal maak

Annemè is ’n ma en vrou wat al die pad van Worcester gery het om weer mooi te voel. Sy het vir ons die mooiste boodskappie ná die sessie gestuur: “Baie dankie julle! Ek het nie in my wildste drome gedink dat ek só mooi gaan lyk nie! Julle is baie talentvol!”

Klere van Slate, Willowbridge.

Hare gedoen deur Nadia van Pro Hair Studio, Kenridge (021 914 2525).

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle direk by 079 737 7397 /info@glamourmakeovers.co.za

FOTO: Veronique Mills

PRETORIA!

Die span is binnekort in Pretoria om daar mooimaaksessies te doen. Bespreek jou plek nou by info@glamourmakeovers.co.za

Kyk HIER na nóg mooimaaksessies