FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie: Asma (36) – ‘Ek kan my lewe op my manier leef!’

Die 36-jarige tuisteskepper van Milnerton, Asma – haar formele naam is Chunling Ghani – het vir ‘n mooimaaksessie gekom omdat sy weer jonk en mooi wou voel. En ná haar sessie het sy iets groots besef …

Asma se voor- en ná-foto

Before after

Wat sê Asma?

Waarom het jy besluit op ’n mooimaaksessie?

Ek wou weer jonk en mooi voel.

Het die sessie jou selfvertroue verbeter?

Ja. Dit het my laat besef dat ek nie myself moet ignoreer nie. Ek kan my lewe op my manier leef!

1

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Asma se versoek was om jonger te lyk. Ek het haar vel met onderlaag egalig gemaak en vir ’n jeugdige voorkoms het ek vir haar blosser en lipstiffie in pienk en perske skakerings gebruik. Sy het soos ’n prinses gelyk!

Slate-boetiek

Ek het vir Asma somer-geïnspireerde kleure gekies. ’n Appelkooskleurige rok asook ’n mooi geblomde rok wat pragtig by haar gelaat pas. Ons het die fotosessie afgesluit met ’n sexy swart romp en top wat perfek is vir ’n partytjie op ’n somersaand.

Veronique Mills – fotograaf

Asma is baie skaam voor die kamera. Sy hou ook nie daarvan om groot te glimlag nie. Ons het vir haar foto’s geneem waar sy byna net in haar oë glimlag.

WENK: As jy nie daarvan hou om jou tande op ’n foto te wys nie, onthou altyd om net ’n speelse glimlag om die mondhoeke te hou, anders lyk jy maklik strak en nors.

Klere van Slate, Willowbridge

Wat hierdie mooimaaksessie spesiaal maak

 Ons het besluit om hierdie jaar ’n bietjie meer inligting aan ons lesers te gee deur ook ’n video van elke mooimaaksessie te maak. Hier verduidelik ons hoekom ons die tipe klere gekies het en Leverne gee raad en wys ons hoe om daardie pragtige grimering te doen!

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

mooimaak ronel

 PRETORIA!

Die span is binnekort in Pretoria om daar ook mooimaaksessies te doen. Bespreek jou plek nou by info@glamourmakeovers.co.za