FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie met Carmen Muller (30): “My selfbeeld het ’n hupstoot gekry”

Carmen Muller (30), ’n bemarker van Kaapstad, het besluit dis tyd om die goeie fee te besoek. En kyk net hoe beeldskoon lyk sy nóú.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Carmen? 

Wat is jou beste eienskap? 

Beslis my oë en my glimlag.

Beskryf jou klerestyl

Ek is baie lief vir my rokkies. En sommige dae is dit my jeans en toppies. Ek’s nie juis iemand vir hakskoene nie.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen? 

Dit het my selfbeeld ’n hupstoot gegee.

Wat sê die span?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Sjoe, Carmen het die mooiste oë! Ek het dit met ’n donkerbruin oogskadu en ’n bruin oogpotlood beklemtoon. Sy het beeldskoon gelyk!

Stilis

Carmen het ’n pragtige vel en donker hare en het baie mooi gelyk in die kleurskema wat ek gekies het. Ek het veral gefokus op groen en kobaltblou.

Veronique Mills – fotograaf

Carmen was baie gemaklik voor die kamera. Ek was mal oor die kobaltblou rok, dit het haar uurglaslyf baie mooi laat lyk. Ons het ook gebruik gemaak van ’n waaier om haar hare so mooi te laat waai vir die foto’s!

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Alle klere van Slate, Willowbridge

Hare deur Prohair Studio