FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie: Chanelle van Zyl (13) – ‘Ek het mooier as ooit gevoel’

Die dertienjarige Chanelle van Zyl het dié mooimaaksessie as verjaardag-bederf gekry. Dis ’n wonderlike geskenk, want al verander haar klere en grimering oor die jare, kan sy dié foto’s vir ewig koester. 

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Chanelle?

Wat aan jou lyf beskou jy as jou beste eienskap?

My oë.

Beskryf jou klerestyl, en wat jy intussen wysgeraak het

My styl is eenvoudig en gemaklik. Dit het nie ná die mooimaaksessie verander nie, maar ek het intussen ekstra kledingstukke aangekoop.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Ja! Ek was aangenaam verras en kon nie glo dat dit ek was nie. Ek het mooier as ooit gevoel en dit het beslis my selfvertroue ’n hupstoot gegee.

Wat was jou vriende/familie se reaksie?

Almal was gek na die foto’s. Hulle het gesê ek lyk soos ’n model.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan? 

Leverne

Chanelle het die mooiste groot, groen oë! Die donker kringe onder haar oë is versag met ’n verbloemer in ’n skakering ligter as haar velkleur. In die proses word haar oog se oppervlak gelig. Ek het die natuurlike kleur in haar wange en lippe met ’n bypassende blos en lipglans beklemtoon. Haar groot, los krulle het haar speelse voorkoms elegant afgerond.

Stilis

Omdat Chanelle 13 is, het ons haar voorkoms jonk en vars gehou. Die wit bloes, denimbaadjie en swart jeans met die geskeurde knie het gesorg vir ’n speelse voorkoms. Die grys trui met bypassende mussie is snoesig, maar steeds stylvol. Haar oë is die fokuspunt danksy die groen, oorgroot trui. Laastens is sy die toonbeeld van vroulikheid in die room rokkie en blommekrans op haar kop.

Veronique

Almal is maar skrikkerig om voor die kamera te poseer, maar nie Chanelle nie! Sy is net 13 jaar oud, maar was so ongelooflik gemaklik voor die kamera. Haar oë het vir my uitgestaan en ek was mal oor die groen trui.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Alle Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle direk by 079 737 7397 /info@glamourmakeovers.co.za