FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie – Elise van Wyk (54): ‘Ek kon nie glo dat dit my gesig is nie’

Elise van Wyk (54) van Bellville in die Wes-Kaap is ’n IT-analis. Haar kinders het vir haar die mooimaaksessie as verjaardaggeskenk gegee en ná dié “lekker bederf” het haar gesin se monde behoorlik oopgehang …

Elise se voor- en ná-foto

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Elise?

Hoe het jy verwag gaan jy lyk?

Nie só nie! Dit was nie soseer die klere wat my verras het nie. Ek kon nie glo dat dit my gesig is nie!

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl vol te hou?

Ek gaan beslis meer moeite met my grimering doen – elke dag.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Nogal heelwat meer as wat ek gedink het!

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Ek het Elise se donkerblou oë met skakerings van grys beklemtoon. Ek het haar voorkoms met ’n sagte pienk lip en blosser voltooi. Die sagte vroulike voorkoms het haar soos ’n handskoen gepas.

Elaine, stilis

Ek het vir Elise sagte skakerings gekies om haar donker gelaat te beklemtoon. Sy het pragtig gelyk in die wit langbroek met die vuilpienk trui. Sy was gemaklik daarin en dit het by haar persoonlikheid gepas.

Die elegante somersrok het haar ’n jong voorkoms gegee. Die swart rok was ’n wenner, Elise het smeulend en elegant hierin gelyk.

Veronique Mills – fotograaf

Dit was wonderlik om vir Elise voor die kamera te hê. Sy het in haar vraelys genoem dat sy hou van groot truie en ’n sagte voorkoms en ek dink alles het perfek saamgewerk vir die fotosessie!

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek haar webtuiste by www.veronique-photography.com of kontak haar direk by 079 737 7397 / info@veronique-photography.com

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

 

PRETORIA!

Die span kom binnekort Pretoria toe om daar ook mooimaaksessies te doen. Bespreek jou plek nou by info@glamourmakeovers.co.za

  • Milandre

    Baie dankie mooimaak span… Daai trui hang ook nou in die kas!!