FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Mooimaak

Mooimaaksessie – Ingrid Mouton (49): “Ek besef dat ek net so goed soos ander kan lyk.”

Ingrid Mouton (49) van Brackenfell in die Kaap help al meer as tien jaar lank haar verloofde met sy vervoerbesigheid. Sy wou nog altyd ’n mooimaaksessie ondergaan omdat sy ly aan porfirie, ’n oorerflike siekte wat die vel sensitiewer maak en ouer laat voorkom.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê Ingrid? 

Beskryf jou klerestyl. 

Ek werk die meeste van die tyd van die huis af, daarom dra ek gereeld jeans en gemaklike bloese. Tog doen ek moeite om goed te lyk wanneer ek ’n geleentheid bywoon.

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Beslis! Ek het nie verwag ek sou só mooi lyk nie.

Wat was die lekkerste deel van die mooimaaksessie? 

Dit is moeilik om ’n spesifieke deel uit te sonder, want alles was lekker. Ek het soos ’n supermodel gevoel wat deur bekwame mense bederf word.

Wat was jou vriende en familie se reaksie? 

Hulle was aangenaam verras en is almal gaande oor my nuwe voorkoms.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Ek het ’n onderlaag met ’n geel ondertoon gebruik om Ingrid se veltoon ’n eweredige voorkoms te gee. Ingrid het die mooiste potblou oë wat ek met ’n donkerbruin oogomlyner en drie lae maskara beklemtoon het. Sy het gestraal!

Stilis

Ons het vir Ingrid ’n pragtige bloes van kant gekies met ’n vrolike serp daarby. Sy het ook ’n veelkleurige baadjie aangehad. Die blou en groen skakerings het haar jonger laat lyk. Om die mooimaaksessie af te rond het ons besluit op ’n elegante kobaltblou rok, wat haar hare en oë gevlei het.

Veronique Mills – fotograaf

Fotografie is een van Ingrid se stokperdjies en sy was baie gemaklik voor die kamera. Dit was lekker om haar af te neem.

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills

Alle Klere van Slate, Willowbridge.

Hare deur Prohair Studio