FOTO: Jacolet Odendaal

FOTO: Jacolet Odendaal

Mooimaak

Mooimaaksessie: Jacolet Odendaal (34) – ‘Ek het vir seker meer selfvertroue’

Die 34-jarige Jacolet Odendaal van Proteahoogte trou binnekort. Dié bemarker het vir ’n mooimaaksessie gegaan om ’n idee te kry van wat sy op die groot dag met haar grimering en hare kan doen.

Jacolet se voor- en ná-foto

FOTO: Jacolet Odendaal

FOTO: Jacolet Odendaal

Wat sê Jacolet?

Beskryf jou klerestyl, en vertel wat jy intussen wysgeraak het

Klassiek met baie swart. Ek het geleer dat ek dalk meer met kleur moet begin speel, want dit lyk glad nie so sleg nie.

Wat was vir jou die mooiste deel van jou mooimaaksessie?

Die natuurlike voorkoms van my grimering.

Hoe maklik is dit om dié nuwe styl te onderhou?

Die hare sal ek nie self kan regkry nie, maar die grimering sal ek wel elke dag kan doen.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Ek het vir seker meer selfvertroue!

FOTO: Jacolet Odendaal

FOTO: Jacolet Odendaal

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Ek het Jacolet se hare reguit geblaas en met sagte krulle gestileer. Sy het die mooiste oë, wat ek met ’n swart oogomlyner gedefinieer het. Die perskekleur lip het haar voorkoms afgerond.

Elaine, stilis

Ons het besluit op ’n vrolike voorkoms met skakerings van appelkoos. Jacolet het pragtig gelyk in die roomkleurige chiffontoppie met appelkoos krale en serpie. Die appelkoos chiffontoppie met goue detail op die arm het gesorg vir ’n glansryke voorkoms. Om die sessie af te sluit het ons haar in ’n kantrokkie afgeneem.

Veronique Mills – fotograaf

Jacolet is kamerasku, maar sy was gou op haar gemak! Danksy ’n waaier het ons haar hare ’n voller voorkoms op die foto’s gegee. Onthou ook altyd dat as jou foto van effens bo geneem word, om jou ken af te hou. Mense is bang vir ’n dubbelken, maar dit wys glad nie op die kamera nie.

Jacolet Odendaal

Jacolet Odendaal

Wat hierdie mooimaaksessie spesiaal maak

Jacolet trou binnekort en het besluit op ’n fotosessie om bietjie raad te kry oor haar grimering asook haar hare vir die groot dag.

Kyk video van dié mooimaaksessie HIER

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle direk by 079 737 7397 / info@glamourmakeovers.co.za

FOTO: Veronique Mills

PRETORIA!

Die span kom binnekort Pretoria toe om daar ook mooimaaksessies te doen. Bespreek jou plek nou by info@glamourmakeovers.co.za

Kyk HIER na nóg mooimaaksessies

  • Hanli van Wyk

    Wow, Jacolet – jy lyk pragtig!